Maid of Honor
My partner-in-crime Jy is altyd meer opgewonde oor goed waaroor ek opgewonde is. Jy het nog nie een keer gekla oor hoe baie ek oor die troue praat nie en ek hoop ook nie jy gaan nie! Dankie dat jy enige iets vir my sal doen en altyd aan my kant is. Deur Jaques het ek jou ontmoet en ek is só dankbaar daarvoor. Jy is die definisie van 'n goeie vriendin. Weet net ons dink ook darem partykeer jys snaaks (haha). Ek sal nie hierdie dag sonder jou kan aanpak nie my Ankels.
Bridesmaid
My skoonsussie, ek het jou dalk nie gekies nie, maar as ek kon sou ek! Dankie dat ek altyd net by jou kan opdaag, kan kla by jou en weird kan wees by jou. Ek sien jou nie eers meer as 'n skoonsussie nie, maar as my sussie (al lyk ons glad nie dieselfde nie). Jy is nie so bad soos my boetie sê jy is nie! Dankie dat jy op hierdie spesiale dag langs my gaan staan.
Bridesmaid
My soon-to-be skoonsussie, Jaques in vroulike vorm! Die enigste persoon wat so loud is soos Jaques, kan stry soos Jaques en lyk soos Jaques. Met haar gesels jy die lekkerste en ontvang jy die beste raad. Jaques het destyds gesê jy gaan hom onder die gat skop as hy nie vinnig die meisie waarmee hy praat ontmoet nie - ek het toe al geweet dat jy die een is om te impress! Dankie dat ek oor enige iets met jou kan praat. Ek sien uit om jou as 'n strooimeisie langs my te hê.
Bridesmaid
Die opregste mens met die mooiste hart. Iemand wat altyd luister sonder om te oordeel, ‘n mens aanvaar nes mens is en enige iets vir jou sal doen maak nie saak waarmee sy besig is nie. In hierdie 3 jaar wat ons vriendinne is, het ek besef hoe spesiaal ‘n ware vriendskap is. Dit is ‘n eer dat jy een van my strooimeisies is!
Bridesmaid
My langste vriendin, nie in lengte nie, in jare. My vriendin al vir 12 jaar. In hierdie 12 jaar het ons mekaar se ''ins and outs'' leer ken en elke jaar net closer geword. Iemand wat nooit geoordeel het nie en altyd my back gehad het! Dit sê baie as mens in 12 jaar nog nie een keer ‘n misverstand gehad het nie. Dankie dat jy altyd game is vir enige iets, al is dit 2 minute noodles, 3 uur in die oggend. Jy is bitter spesiaal my girl!
Bridesmaid
My uni flatmate! ‘n Vriendskap wat onveranderd bly deur al die jare. In die 11 jaar wat ek jou ken was jy nog altyd presies dieselfde ‘lekker’ mens. As ek jou lag hoor, wil ek lag! Jy bring altyd die beste uit my uit en kan lekker saam met enige iemand kuier. Ek was langs jou met jou groot dag, nou is jy langs my met myne!
Best Man
My Best Man/ 2IC/ Sidekick. Jy is iemand op wie ek altyd kan staat maak. Ek kan jou vir enige iets vra en jy sal altyd bereid wees om my te help. Die persoon met wie ek die meeste sport kan praat en die minste dan daaroor stry. Ons is baie dieselfde in soveel aspekte. Een van die enigste mense met wie ek elke dag kan praat en nie verveeld raak nie. Die beste sportman wat ek al in my lewe gesien het. Die dag wat ek jou konstant wen met golf sal nog kom. Dit is 'n voorreg om jou aan my sy te hê.
Groomsman
As ek begin met bols weet almal dis jy. Die man verantwoordelik vir Mnr Erasmus se uitbarstings oor musiekkeuses. Een van die meer verantwoordelike vriende wat ek het. Een van die enigste mense wat dalk net so 'n droë sin van humor het soos ek. 'n Tweede groot boetie, jy is dalk sleg op jou foon, maar ek weet as ek jou nodig het is jy altyd daar. Jy gee altyd die beste raad en laat almal met 'n positiewe kop die wêreld ingaan. "We were put on this planet to serve" is 'n sin wat jy by my gelos het wat ek elke dag in my lewe toepas. Ek is trots om jou langs my te kan hê.
Groomsman
Dis moeilik om te begin met jou, want ek weet nooit wanneer jy gaan ophou nie. Definitief die vriend wat ek het wat die meeste kuier. Ek weet ek kan jou enige tyd bel vir 'n bier en jy sal bereid wees. Iemand op wie se knoppie ek enige tyd van die dag kan druk. Ek lag myself moeg vir jou met jou simpel sê-goed en snaakse manier van dinge doen. Ek sien uit om die dag te vier met jou langs my.
Groomsman
Ek en jy is al deur dik en dun maar ons altwee kan met trots sê dit het daartoe gelei dat dit ons beter mense op die ou end gemaak het met 'n vriendskap wat niemand kan breek nie. Ek en jy is dieselfde in baie aspekte en ek kyk op na jou in soveel maniere. Min mense vang my grappe so vinnig soos jy. Ek is geëerd om jou as 'n strooijonker te hê.
Groomsman
My oudste broer. Iemand na wie ek opkyk in elke aspek van my lewe. Iemand wat my help vorm het wie ek vandag is. Jy was nog altyd daar vir my en sal ook altyd daar wees, al is dit net om my brandy klaar te maak. Dankie vir alles wat jy vir my doen. Ek is bly om te sê dat ons nie net broers is nie maar hartsvriende ook. Ek sal elke dag saam jou 'n pad wil stap (solank jy net nie vir my probeer sing sonder autotune nie asb) Ek sal jou elke dag kies om langs my te staan as strooijonker.
Groomsman
Self proclaimed tequila se baas. My beste vriend al vir soveel jare. Ek dink nie daar is iemand wat meer weet wat al in my lewe gebeur het as jy nie. Ek dink ook nie daar is 'n ou wat vinniger ''ogre'' praat as jy nie. Iemand wat ek altyd na aan my hart dra en wat altyd die beste vir ander mense wil hê. Jy is dalk sterk na 'n paar doppe maar jy bly altyd my klein boetie vir wie ek net die beste wil hê. Ek kan met trots sê jy sal elke dag die cut maak as een van my strooijonkers.