Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
June 7, 2025
Monate Game Lodge, Limpopo
#adVENTERofalifetime

Jaques & Nicola

    Tuisblad
    Program
Hero Slideshow Image 0Hero Slideshow Image 1Hero Slideshow Image 2Hero Slideshow Image 3Hero Slideshow Image 4Hero Slideshow Image 5
LeavesLeaves

Jaques Venter

and

Nicola van der Walt

#adVENTERofalifetime

June 7, 2025

Monate Game Lodge, Limpopo

Ons Storie

- Geskryf deur Nicola en Jaques In 2022, het ek by 'n nuwe skool begin werk en was ek en Jaques kollega's. Jaques het die eerste dag van skool gemis toe ek voorgestel was in die personeelkamer en het die dag daarna vir sy boesemvriend, Juanre, gevra wie die nuwe meisie is. Juanre het dadelik begin giggel en het vinnig uitgevind dat ek in 'n verhouding was. Volgens Jaques het hy my altyd baie vriendelik gegroet en al wat ek glo terug te sê gehad het was 'n halfhartige glimlag met 'n sagte ''hallo''. Teen die einde van daardie jaar het Jaques gehoor dat ek "single" was en was sy woorde aan Juanre: "dankie Bols, jy het my dag gemaak." Jaques het altyd 'n hond uit 'n bos met my vriendin, Luné, gesels. Luné het van die begin af Jaques goedgepraat en het ons girls toe besluit om hom op sosiale media te ''stalk''. Ons het toe gesien dat Jaques 23 jaar oud was - wat vir Luné so erg geskok het dat sy net by Jaques moes seker maak. Sy het aan hom genoem dat sy gedink het hy is baie ouer as 23 en het hy natuurlik geweet dat ons hom ge''stalk'' het (goeie werk Luné, baie smooth). Hy het so 'n paar dae daarna vir my 'n boodskap gestuur toe hy in my klas toesig gehou het en van daar af het die liefde begin vlamvat. Ek, Luné en Ané was gereeld genooi vir ontbyt by die Cloaks (Jaques se vriendegroep by die skool) en ons was eendag aangestel om voorsiening te maak vir nagereg (tuisgemaak met liefde). Ek het gespog oor my melktert en het toe baie trots opgedaag met twee gekoopte melkterte wat uitgedraai het om suur te wees. Jaques was nie baie beïndruk hiermee nie, maar het steeds daarop aangedring dat ek hom en sy vriende moes ontmoet by Tin Cup ('n kuierplek in die dorp); ek het toe na baie aanmoediging van Ané (my skoonsussie) by hulle aangesluit. Jaques en sy jonger broer, Stefan, het wel meer gestry as wat ek en Jaques gesels het. Van daar af was ons onafskeidbaar en het dinge net "reg" gevoel. Ons is opgewonde om ons groot dag met julle te deel en julle deel van ons storie te maak.

Footer image
For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms