Alle gaste moet asseblief op die laatste teen 1 Februarie 2025 RSVP vir die Vrydagverrigtinge (6 Junie 2025) en die troue op die Saterdag (7 Junie 2025).
Alle gaste moet stiptelik om 13:00 by ontvangs aanmeld om met wildstrokkies na die seremonie vervoer te word. Seremonie begin 14:00 vir 14:30
Ons wil graag hê alle gaste moet ten volle die oomblik saam met ons beleef, sonder enige afleidings. Ons versoek vriendelik dat alle gaste se selfone, kameras en ander toestelle afgeskakel sal bly tot na die seremonie.
Ons uitnodigings is spesiaal so uitgestuur om aan te dui wanneer 'n ekstra gas na ons spesiale dag ingesluit is. Indien jy onseker is of jy 'n ekstra gas mag nooi of nie, maak asseblief eers seker by Nicola of Jaques.
Ons het spesiale moeite gedoen om ons naaste mense uit te nooi, en ons wil graag hiermee voortgaan selfs as sommige gaste nie ons spesiale dag kan bywoon nie, daarom versoek ons dat slegs genooide gaste sal bywoon. Ons waardeer jou begrip en sien baie uit daarna om die dag saam met jou te vier.
Ja, daar is grondpad. Ongeveer 14 km - 20 minute.
Nee, slegs Monate Game Lodge se verblyf moet deur Nicola bespreek word. Bankbesonderhede vir Monate verblyf sal aangestuur word sodra u vir Nicola kontak.
Verblyf by Monate moet asseblief voor 7 Mei 2025 betaal wees.