Maid of Honor
Van klein tyd af, my grootste ondersteuner. Ek sou niemand anders reg langs my wou gehad het nie. Dankie dat jy al so lank saam met my droom oor hierdie dag. Dankie vir al jou moeite en liefde. Jy is n sussie duisend en ek verruil jou vir niemand nie.
Bridesmaid
My beste tjommie, ek is so dankbaar die Here het besluit om ons paaie te laat kruis, al was dit eers later in ons lewens. Ek weet nie wat ek sonder jou sou doen nie. Dankie dat jy my steunpilaar is en dankie dat jy saam met my droom en net praat oor alles en enigeiets. Dit is vir my so spesiaal om hiedie fase van ons lewens met mekaar te kan deel, ek sou dit saam niemand anders wou doen nie.
Bridesmaid
Toe ek vir Henry ontmoet het, het ek outomaties n baie spesiale vriendin by gekry. Dankie vir die lekkerste tye, jy is die life of the party oral waar jy gaan. Dankie dat ons saam julle kan planne maak en saam julle kan droom oor eendag. Ek sien uit vir al die trippies en die saam-wees tye wat nog kom. Dit is so spesiaal dat julle saam ons kan deel in ons groot dag, net soos ons in julle s'n gedeel het.
Bridesmaid
Ek is so opgewonde dat jy deel is van my binne-kring, veral op die groot dag. Jy is die persoon wat uit en uit al die meeste van my trane gevang het en dit verander het in n glimlag. Dankie dat ons allll the way van 1ste jaar af kan kom tot waar jy langs my staan, al het ons gedink die dag gaan nooit kom nie, ek is so bly ek kan dit met jou deel.
Bridesmaid
Kayltjies, my parter in wine ;). Ek is so lief vir jou en so dankbaar dat ek jou in my lewe het. Jy het n baie spesiale plek in my hart en dit is vir my n voorreg om hierdie tyd met jou te kan deel. Dankie dat jou hart, en huis, en swembad en en en, altyd oop is vir my en dat ek altyd op jou knoppie kan druk.
Bridesmaid
Zippies, never in my wildest dreams het ek gedink dat ek so vinnig so lief kan word vir iemand nie. Dankie dat ek met jou kan praat oor enige iets en dat jy altyd daar is om te luiser en raad te gee, dankie dat ons vriendskap so spontaan en so mooi kon vorm, ek verruil dit vir niks.
Best Man
Hulle sê mens kan nie jou familie kies nie maar as ek kon kies, sou ek jou as my broer elke dag van die week kies. Jy is n broer 1000 en ek is dankbaar dat jy die dag saam my kan deurbring
Groomsman
Hennas, my beste vriend van die heel begin af. Ons is al deur dik en dun, baie trane en nog meer blydskap. So trek vir jou aan en kry jouself gereed daar wag nog n grote vir ons om op die muur te hang.
Groomsman
Goose, saam los ons gewoonlik die wêreld se probleme op in een aand. Van diep en ernstig tot grappies en KWV 3 jaar. Ek sien uit om die dag saam jou te kan geniet.
Groomsman
Carel kat jy is n gevaar waar jy gaan n regte gees bees. Ek dink my ouers is baie dankbaar dat ons nie saam op skool was nie, dan het ons dalk nogsteeds daar gesit. Moenie worry nie die formaliteiete gaan nie te lank duur nie ;) Sien jou aan die ander kant.