Die klere drag is Formeel, so mans moet verkieslik langbroeke en knopies hempde dra (dasse optioneel) en vrouens verkieslik n mooi rokkie, romp, jumpsuit en formele skoene (tenminste vir die diens en die canapes. Ek weet mens dans moeilik in hakskoene, so as jy "sneakers" wil aantrek later die aand is jy meer as welkom)
Die kroeg aanvaar ongelukkig geen kontant nie, net kaarte, maar u is welkom om n "tab" oop te maak.
Die kroeg sluit stiptelik 12:30, daarna sal geen meer musiek gespeel word of alkohol verkoop word nie. U is welkom om voor die kroeg toe maak nog drink-goed te bestel en dit te neem na die "man cave" waar ons na die onthaal verder sal kuier.
Die diens begin stiptelik 16:00 en ons vra asseblief dat julle, julle sitplekke sal inneem enige tyd van 15:30 tot 15:45 toe.
Alle gaste moet asseblief op die laatste teen die 5de Januarie 2025 laatweet of hulle die troue gaan kan bywoon of nie. Ons kort die getalle om vir die venue te bevestig hoeveel kos hulle moet maak, sitplekke hulle moet uit sit ens.
Ons versoek asseblief dat alle toestelle afgeskakel word tydens die seremonie. Dit is n baie spesiale oomblik en ons wil dit graag ten volle deel met almal waat daar is, sonder enige onderbrekings.
Daar is genoeg parkering naby die venue, met sekuriteit.
Ons gastelys is so uiteen gesit dat ons slegs voorsiening maak vir ons naastes. Op die uitnodiging sal dit aangedui word of n metgesel vir jou ingesluit is.
Ons het moeite gedoen om ons gastelys so uiteen te sit dat ons slegs ons spesiaalste en naaste mense nooi en vra dat slegs genooide gaste ons dag sal bywoon. Indien jy nog vrae het kan jy ons gerus kontak.
Alhoewel ons baie lief is vir kinders vra ons asseblief dat ouers nie hul kinders sal saam bring nie. Ons wil graag die dag en aand saam julle geniet en julle teenwoordigheid is vir ons spesiaal.