Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
RSVP ASB VOOR 17 JANUARIE
RSVP ASB VOOR 17 JANUARIE

Anneke & Henry

    Tuisblad
    Program

Henry

&

Anneke

March 1, 2025

Wolmaransstad, NW

ons storie

Op "braaidag" 2020 (in die middel van COVID).

Die studente het stadig maar seker terug gegaan kampus toe na "hard lockdown". Ek (Anneke) en n groepie van my vriendinne het n braai gereël om "braaidag" te vier. Lizanne, my kamermaat, het die geleentheid gebruik om haar nuwe (toe "vriend", nou man) aan ons voor te stel, en sy was baie opgewonde vir my part, omdat hy n tjommie saambring. Ek het n date vir n dinee gekort en sy het gedink Henry sal n goeie match wees, maar ek het myself nie te veel daaraan gesteur nie. Henry-hulle daag toe daar op en toe hy uit sy bakkie uit klim, toe weet ek, hier is potentiaal. Een van my ander vriendinne stel haarself voor aan Henry, en vertel toe vir hom, heel ingenome met haarself, dat hy saam my na n dinee toe gaan, Henry het bietjie benoud gelag en homself toe aan my voorgestel. Ons het begin praat en net nooit opgehou nie (letterlik). Ek (Henry), het nie regtig n keuse gehad nie en het maar ingestem om saam dinee toe te gaan. Ek het wel gesê dat ek binnekort Amerika toe gaan en nie n ernstige verhouding soek nie, maar toe ek weer sien, toe sit sy langs my met n laptop en download Skype en vertel vir my hoe ons dit gaan maak werk. Net daar het ek geweet dit is nou hoe dit gaan wees. Ons moes n hele paar uitdagings oorkom in die afgelope 4 jaar. Ons het vir lank in twee verskillende lande gebly, met n 7 uur tydsverskil. Ek moes klaar swot, Henry moes alleen Amerika toe gaan en ons altwee moes ons voete vind in die werkersklas. Ons het vir 3 jaar ons verhouding gebou oor afstand, maar ons was vasbeslote om hierdie te laat werk, en ons het, en ons sou dit nie enige ander manier, saam enige iemand anders wou gehad het nie.

For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms