Vrydagaand: Gemaklik Saterdag - Troue: Formeel (Dames, pak gerus ’n paar gemaklike dansskoene in vir later die aand!😉) Sondagoggend: Gemaklik
Ja, dit raak koud in die aande en vroegoggend, so bring asseblief ’n warm baadjie saam.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar bring jou eie swemhanddoeke saam.
Nee, Welgelegen het ’n dranklisensie, so eie drank word nie toegelaat nie. Enige persoonlike drank sal ongelukkig gekonfiskeer word en boetes kan gehef word. :(
Die kroeg aanvaar beide kaart en kontant, so julle kan gerus kies wat vir julle makliker is.
Nee, rook binne is verbode. Gebruik asseblief die buite-areas en maak seker stompies word in die asblikke gegooi.
Ja, die boorgatwater is geskik vir menslike gebruik.
Ongelukkig nie – toegang tot die boorde en vrugtepluk is streng verbode.
Bruidspaar reël verblyf en kontak elke gas.