Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
February 4, 2023
BIVANE DAM, KWAZULU NATAL
#GAANBOS

HARDUS & MARIJKE

    TUISTE
    VRAE EN ANTWOORDE
decorationdecoration

VRAE EN ANTWOORDE

As julle enige ander vrae het wat miskien nie hierop is nie, kontak asb gerus vir Hardus, Marijke of Amanda (Ma van bruid) 0788008454
Question

Kan ons al vroeer kom Vrydag die 3de as 12h00?

Answer

Julle is meer as welkom om te kom net wanneer dit julle pas. As die kamppeer terrein oop is kan julle al opslaan, maar gewoonlik maak hulle nog die Chalets skoon en sal julle moontlik nie voor 12uur die chalet kan betrek nie. Maar julle kan rondloer, swem of 'n roomys of koffie kry en ontspan na die langpad.

Question

Watse paaie kan mens ry tot daar?

Answer

Die afdraai na Bivane dam is op die pad tussen Vryheid en Louwsburg Die opsies vanaf Pretoria / Johannesburg is - N4, Hendrina, Ermelo, Piet Retief, Paul Pietersburg en dan Natal spa/Vryheid pad - N17 Bethal, Ermelo, Piet Retief, Paul Pietersburg en dan weer Natal spa/ Vryheid pad

Question

Is daar winkels naby?

Answer

Die naaste dorp is Vryheid (wat so +- 30min) se ry weg is. Maar daar is 'n kiosk winkeltjie by die dam waar mens basiese goedjies soos seep, sout, sweets, koeldrank, roomys, hout of ys ens kan kry, indien ietsie by die huis agter gebly het.

Question

Is daar kaart fasiliteite?

Answer

Ja daar is kaart fasiliteite, maar daar is ook ongelukkig beurtkrag. So bring maar 'n geldjie saam ingeval die krag nie wil saamwerk nie. Daar is nie 'n atm nie

Question

Is kinders genooi?

Answer

Ons is baie lief vir kinders, maar wil graag he Mamma en Pappa moet ook 'n bietjie kan wegbreek, ontspan en lekker saam kuier. Ons verstaan dat met die dat ons bietjie later in ons lewe mekaar gevind het meeste van ons vriende en families al gesinne het. Maar as almal hulle kinders bring is dit 'n totaal van 46 kinders wat dit 'n bietjie moeilik maak.

Question

Wat sluit die Sondag ontbyt in?

Answer

Die ontbyt sluit in; sap, vrugte, spek, eiers, worsie, brood, koffie en tee in.

Question

Die google maps se Bivane is nie toegangbaar??

Answer

Ongelukkig is hierdie google maps punt baie onbetroubaar omdat ons tussen die berge gaan wees. So volg asb jou GPS tot by Vryheid of Paul Pietersburg. Ons sal nader aan die tyd vir almal 'n "pin location" stuur van die afdraai na Bivane. Maar net sodat julle weet dit is as jy van Vryheid af na Louwsburg se rigting ry +- 30km

For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms