6:00 pm - 10:00 pm
Gemaklik
Gaste kan Vrydag al van 10h00 af inbook by hulle chalets of kampeer terreine. Verken en raak gemaklik. Van 6uur af gaan ons die vure begin stook. Die braai is glad nie verpligtend nie maar 'n lekker geleentheid om te kom ontmoet, ontspan, kuier en braai saam. Bring jou eie vleisie, slaaitjie en drink goed. Ons sal 'n groot pot pap & sous maak.
Sat, Feb 4, 2023, 9:00 am - Sun, Feb 5, 2023, 12:00 am
Semi formeel
Wanneer julle klaar julle mooi-moois aangetrek het, beweeg oor na die eiland wat vol stoele gepak sal wees (kyk uit vir die preek stoel). Hier is waar die groot beloftes gemaak gaan word! Indien jy wonder sal ons vir Riaan van Niekerk 'n neon bordjie gee vir padaanwysings. Moenie komkommer nie - dit is darm stap afstand. Na die diens gaan ons die koek sny en almal kan dit geniet met 'n koffie of tee.
6:00 pm
Semi-formeel, gemaklik
Na jy jou vis gevang het, 'n draai in die dam geswem het, middag slapie gaan vat het of die berge gaan verken het, kan jy jou dans skoene aantrek om saam almal weer so teen 6uur by die ontvangs bymekaar te kom vir 'n "sundowner" en voorgereg. Waarna almal kan opbeweeg na die onthaal saal. Bivane dam het nie 'n alkohol lisensie nie. Dus sal daar geen kroeg wees nie. Daar sal 'n wyn en 'n sappie op die tafels wees. Ons sien uit daarna om amptelik saam as Mnr en Mev Boshoff met almal te vier!
8:30 am - 10:30 am
Vir die wat wil (rsvp asb) kan julle saam ons 'n lekker ontbyt geniet by die onthaal saal. Dit is R120 pp. 'n Laaste hoera en koebaai vir die naweek.