Met die lang naweek in Augustus 2021 het ons gaan kamp saam 'n groep vriende en vriendinne. Andri het vir Hardus genooi, en Annelien het vir my genooi. Ek en Hardus was die enigste twee al 6uur op Saterdag oggend na 'n bitter koue aand en die voorstel om te gaan fietsry was hartlik verwelkom. 28 Augustus 2021 op 'n koppie in Pretoria het Hardus die moed bymekaar geskraap om my te vra om sy meisie te wees! En so het die wonderlike avontuur voortgegaan en gebou. Februarie 2022 het Hardus in die WesKaap op 'n projek begin werk en het ons die lang afstand verhouding 'n kans gegee. Baie whatssapps, video oproepe en kort naweek kuiers ... Op 9 Augustus 2022 - 'n jaar later - het Hardus uiteindelik op sy knie gevra :)