Emile het van my gehoor deur vriende en vinnig besluit om 'n move te maak toe hy hoor ons gaan na dieselfde 18de verjaarsdag toe. Ek het gedink hy is sulke babe en toe hy my vra om in sy beerpong span te wees en nog vir my flou grappies lag het ek geweet hier is iets spesiaal. Die volgende dag was ons eerste date en die begin van ons gunsteling avontuur nog. Na 3 jaar van long distance en 9 jaar van baie liefde, grappies en Sondagoggend koffie-dates het hy besluit om dit official te maak en my gevra om sy BETER helfte te word.