Troureëlings

Ons nooi julle om saam met ons ’n hele naweek van liefde te vier—’n rustige saamkuier Vrydagaand en ons huweliksdag op Saterdag.
Die huwelikseremonie begin Saterdag stiptelik om 15:00. Gaste kan vanaf 14:30 hul sitplekke begin inneem in die kapel.
Kleredrag: Semi-formeel tot formeel — pak gerus jou tekkies in vir die dansvloer!
’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees vir Vrydag en Saterdag.
Neem asseblief kennis dat GEEN kos of drank van buite die venue toegelaat word nie.
Indien jy enige dieetbeperkings of allergieë het waarvan ons bewus moet wees, laat weet ons asseblief direk, sodat die nodige reëlings getref kan word.
Kontakpersoon:
Bernice – 074 425 7891