Ons kan nie onthou nie! :) Ons was van graad tien af saam op skool en ons vermoed dat Esmari ons aan mekaar voorgestel het. Esmari en Willemien is al van laerskool af vriendinne en Adriaan het Esmari op hoërskool deur die Voortrekkers leer ken. En nou is sy een van ons strooimeisies! In matriek het ons saam Wiskunde gehad (en gehaat) en so mekaar nog beter leer ken. Na skool het ons 'n punt daarvan gemaak om by mekaar uit te kom en die res is geskiedenis!
Adriaan het - hy was glad nie op sy bek geval nie! Maar Willemien het eerste "ek is lief vir jou" gesê.
Beslis die twee weke in Europa oor Kersfees en nuwejaar in 2024!
Daar is baie! Ons is lief vir dans, om saam kos te maak en om 'n dag in die natuur te spandeer.
Ons het putt-putt gaan speel!