Adriaan sê altyd dat dit 'n avontuur is om vir Willemien lief te hê - of ons nou die liefde toets deur vir maande op verskillende kontinente te woon, of ons lag-lag die aand om dans en of ons verdwaal en op grondpaaie vassit. Ons vind vreugde in die lewe se berge en dale, omdat ons dit met mekaar kan deel - en ons het ons Hemelse Vader te danke daarvoor. "Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het" - 1 Johannes 4:19. Ons is opgewonde om hierdie wonderlike nuwe avontuur op ons troudag voor God en met julle as getuies aan te pak!