Gaste kan gerus vir blyplek in die omgewing soek. Van die naaste plekke in Pretoria-Oos is om en by 30 minute se ry van die plaas af.
Ons sou graag almal wou nooi om die dag met ons te deel, maar ongelukkig is dit nie moontlik nie en nooi ons slegs die mense wie op die uitnodiging genoem word.
Semi-formeel: netjies maar gemaklik. Plat of gemaklike skoene is noodsaaklik. Die seremonie en onthaal gaan op gras plaasvind. Dames - los liefs jou spykerhakke by die huis!
Daar gaan nie 'n kontantkroeg wees nie. Beperkte skemerkelkies, wyn en sap word voorsien. Indien julle iets anders verkies, is julle welkom om dit saam te bring.
Ons het 'n plan in plek vir reënerige weer. Pak maar julle baadjies en sambrele in!
R.S.V.P. asseblief voor of op Vrydag 6 Februarie 2026.