Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
July 17, 2021
Bray, North West
#keyserkaskenades

Rulof & Winel

Greenery Banner

Naweek skedule

The Wedding Website of Rulof Keyser and Winel Barnard
Vrydag: Daar sal 'n bring en braai wees Vrydagaand waar familie en vriende wat vroeg arriveer lekker saam kan kuier. Bring 'n doppie en tjoppie en kom gooi saam ons 'n vleisie op die kole. Die braai sal by Kirstonia skool wees. Saterdag: Hou jouself asb lekker besig deur die dag. Tapama stel selde teleur wanneer die Kalaharison die keel bietjie dor laat voel. Eet asb ook 'n behoorlike middagete. Daar gaan slegs 'n baie klein voorgereg na die seremonie wees, maar die feesmaal behoort darem ongeveer 18:30 reg te wees. Die seremonie vind plaas op Kalahari(die plaas) en gaan stiptelik om 14:00 begin. Daarna kan jy uitsien na 'n lekker ontspanne boerekuier. Sondag: Daar sal tussen 07:30 en 10:00 Sondagoggend ontbyt bedien word by die skool waar ons vir oulaas lekker saam kan kuier. Vooraf bespreking is egter nodig. Besprekings kan by 083 635 0766 gedoen word.

Saturday, July 17, 2021

Wedding

Sat, Jul 17, 2021, 2:00 pm - Sun, Jul 18, 2021, 4:00 am

Semi formeel, maar meer belangrik, baie gemaklik! Ons raai jou aan om gemaklike, toe skoene te dra om die sand en dorings tussen die tone uit te hou. Onthou asb ook 'n warmding, die temperatuur mag dalk tot onder vriespunt daal.

Daar sal drankies en biltong na die seremonie bedien word en wyn en sjampanje sal voorsien word. Bring asb net kontant vir die kroeg. Dit is 'n kontantkroeg sonder kaartfasiliteite.