Sat, Jul 17, 2021, 2:00 pm - Sun, Jul 18, 2021, 4:00 am
Semi formeel, maar meer belangrik, baie gemaklik! Ons raai jou aan om gemaklike, toe skoene te dra om die sand en dorings tussen die tone uit te hou. Onthou asb ook 'n warmding, die temperatuur mag dalk tot onder vriespunt daal.
Daar sal drankies en biltong na die seremonie bedien word en wyn en sjampanje sal voorsien word. Bring asb net kontant vir die kroeg. Dit is 'n kontantkroeg sonder kaartfasiliteite.