Bridesmaid
Carls, Ons is al deur so baie fases van die lewe saam, Hoërskool, Universiteit, boyfriends los, vriende en vriendinne verloor, tema partytjies, vakansies, klere saam koop, baie questionable fotos en soveel meer. Deur dit alles is ons vriendskap nogsteeds so sterk soos daai eerste selfie kamera. Om hierdie dag met jou te kan deel is vir my so spesiaal, dit laat my dink aan hoe ons altyd in Juffrou Zwecker se klas lysies gemaak het van wie na die kuier toe mag kom en wie nie. Dankie vir die rots wat jy in my lewe is. Lief vir jou met my hele hart.
Bridesmaid
My Venties, Van die eerste dag wat ek jou ontmoet het was jy so groot steunpilaar vir my. Jy het eerstejaar Azelle met haar pink tasie 'n rede gegee om klas toe te gaan, want ek het geweet dit sal lekker wees saam jou. Ek sal elke liedjie, grappie en laat aand leer sessie nooit vergeet nie. Ek bewonder jou elke dag van my lewe. Jy is 'n sterk God vresende vrou en jy leer my hoe om 'n giee vrou van God te wees. Dankie dat jy deel is van alles in my lewe en dat ek weet jy sal altyd daar wees maak nie saak wat nie. Jy maak my so trots. Lief vir jou met my hele hart.
Bridesmaid
Zanna, Jy het my geleer om selfstandig en met geloof alles in die lewe aantepak. Jy staan elke dag doelgerig op en werk so hard vir alles wat jy wil bereik, dan laat jy dit maklik lyk ook nog. Dankie vir die lawwe vriendin wat jy vir my is en dat ek altyd saam jou en vir jou kan lag. Jy is 'n goeie vrou vir JL en een van die beste mense in my lewe. Jou passie vir die lewe is aansteeklik. Ek sal vir altyd dankie sê vir Matthew Mole dat ek so vriendin soos jy kon kry. Lief vir jou met my hele hart.
Bridesmaid
My T, Ek is so gelukkig om jou in my lewe te hê. Jy is altyd daar en niks sal jou terug hou om die mense in jou lewe gelukkig te maak nie. Dankie dat jy my verstaan en my altyd bystaan. Jy is effortless en alles wat jy doen doen jy met grace. Dankie dat ek jou kon vorseer om my vriendin te wees, ek dink dit het noggal goed uitgedraai. Ek sien uit om in die toekoms te sien hoe jy en jou familie groei en sterker word. Jy is altyd net 'n video call weg en ek waardeer dit die meeste van ons vriendskap. Ek is lief vir jou met my hele hart.
Bridesmaid
Luné Luné, Jy is die sussie wat elke meisie wil hê, jy plant diep wortels oral waar jy gaan en jy is onmoontlik om te vervang. Jy ken en verstaan elke deel van my hart. Jy is die beste ma vir jou kinders en ek leer elkedag by jou hoe om mense lief te hê. Dankie vir jou rol in my lewe. Om jou vriendin te word was een van die goeie goed wat ek in my lewe gedoen het. Op nog baie marmite en kaas op toast, sleepovers en mekaar mal maak in die kar. Jy is my lawe Looney! Ek is lief vir jou met my hele hart.
Groomsman
Liewe Tomis, Wie sou kon dink, daardie twee kleuters in Graad R wat nie eens vriende wou wees nie, sou eendag by mekaar se troues as groomsmen staan? Van kaalvoet deur die dorp loop, tot DVDs by Mr Video huur – ons kindertyd was 'n avontuur sonder einde. Ons het saam grootgeword, letterlik en figuurlik, en ek dink nie ons sal ooit ophou stories hê om te vertel nie. Dankie dat jy altyd daar was – as ’n vriend, ’n broer, en iemand wat ek as deel van my eie familie sien. Dankie dat jy daar is op ons spesiale dag. Ek’s trots om jou as my vriend te hê.
Groomsman
PW, my ou maat, Jy was nog altyd een van my beste pelle. Van kleins af was jy dié ou wat elkeen wou volg – ’n ware leier en iemand wat sy drome agternasit soos min mense wat ek ken. Jy’s nog altyd ’n “guy’s guy” – ’n meester-braaier, 'n visvang-kampioen, en ja, ek’s redelik seker jy het die Rugby-gene gewen… Ek het probeer kompeteer, maar kom ons wees eerlik, jy was iets anders op daai veld. Ek’s trots om jou my vriend te noem. Jy’s nie net ’n yster nie, maar ’n ongelooflike man vir jou vrou, en pa vir jou kind. Dankie dat jy my beste vriend is en my altyd bystaan – dit beteken vir my meer as wat jy besef.
Groomsman
Allgold, Van dag een af in die koshuis, het jy my verwelkom met ope arms – en eerlikwaar, jy was die beste rooma ooit. Ons het ’n klomp memories saam gemaak – van kosmaak in ons klein “koshuis kamer”, tot Sondae se Dragon Ball Super-episodes. Jy het my gewys hoe lyk vasberadenheid – laatnag-studeersessies, fokus, en deursettingsvermoë. Wanneer jy nie daar was nie, was die kamer regtig stil. Jy’t my altyd ondersteun – of ek siek was of net 'n vriend nodig gehad het, jy was daar. En hoe lekker is dit nie om jou en Azelle, Wimbledon te hoor bespreek soos twee professionele kommentators nie? Jy het soos ’n broer vir my geword, en ek sien uit om nog tonne memories saam te maak.
Groomsman
Goon, Jy was aanvanklik my vriend se boetie... maar toe word jy baie vinnig iets veel meer — ’n pel, ’n mentor, ’n broer, en iemand sonder wie ek nie my jonger jare kan indink nie. Ons het letterlik elke naweek saam deurgebring: hoendervlerkies eet asof ons in ’n eetkompetisie is, speletjies speel tot middernag, en dan natuurlik ons WWE-stoei in die swembad!. Ek het nog altyd na jou opgekyk — jy is ’n ou is met karakter, passie en 'n goeie hart. Jy het my later ook as "koshuis pa" verwelkom en ons het ‘n pad saam gestap in Potch. Ek is dankbaar vir elke herinnering saam met jou, en ek sien ongelooflik uit om nog meer te maak saam met jou en Zane. Julle twee is ons familie. Dankie vir al die jare se vriendskap, broederskap en stories!
Groomsman
My broer, Jy’s ’n ongelooflike broer – en ek sou dit nie anders wou hê nie… al het jy seker op ’n stadium gehoop vir ’n ouer broer óf 'n sussie in plaas van ’n huilende baba! Ek weet ons was nie altyd naby nie, maar met tyd het ons verhouding gegroei, en jy was altyd daar vir my – selfs toe my eerste “laerskool girlfriend” my gelos het. Jy was my rots en my taxi besturende grootboet. Jy’t my baie van die lewe geleer – lesse wat ek vandag nog dra. Toe jy Universiteit toe is en later Amerika toe, het ek jou ongelooflik gemis, en elke keer as jy kom kuier het, was dit ’n groot dag. Dankie dat jy altyd jou huis beskikbaar gemaak het vir my en my vriende om memories te maak – dit is daardie tye wat ek altyd sal onthou. Jy is my broer, my mentor, my vriend, en een van my grootste ondersteuners. Dankie vir alles.