Maid of Honor
My klein niggie, my eerste beste maatjie van baba-tyd af, en natuurlik my Hoofstrooimeisie. Sy is die enigste mens wat ’n WhatsApp kan stuur, dit delete, weer stuur, weer delete… en dan ’n Excel spreadsheet maak oor hoekom sy dit moes stuur. ’n Professionele overthinker met ’n rooi kop wat haar bynaam eer aandoen – maar gee vir haar ’n taak en sy kry dit gedoen. As daar ’n krisis is, is sy reeds drie planne voor almal anders. Vuur & vlam, maar altyd met ’n plan. Maar dis nie net haar organiseer-skills nie - Nellie is die mens met die mooiste omgee-hart wat ek ken. Sy sal enigiets vir ander doen, al is dit ten koste van haarself. My beste kinderjare-memories is saam haar: van visvang en kamp langs die Oranje Rivier, tot laat-aande se huil-van-die-lag stories. Nellie aanvaar jou presies soos jy is, en maak alles altyd beter net deur daar te wees.
Bridesmaid
My geliefde skoonsussie, ek en Suné ken mekaar al sedert ek nege was. Toe ek klein was, moes sy maar geduldig sit vir al die masserings en naelafsprake wat ek gretig uitgedeel het in my “ek gaan eendag ’n skoonheidsterapeut word”-era. Sy het my dramatiese gille en fake beserings geduld - die enigste een wat ooit simpatie getoon het, want die res van my familie het geweet ek sit aan. Niks is vir haar ooit te veel gevra nie, sy bring altyd vreugde, lag en ’n bietjie suiker in elke dag (letterlik en figuurlik, daai vanilla cupcakes, sjoe!). As jy nie glimlag terwyl sy in die kamer is nie, is daar iets ernstig fout.
Bridesmaid
Ek en Roné ken mekaar al so ses jaar, maar die laaste twee jaar het ons gegaan van “ons ken mekaar” na “ons is basies familie”. Roné is daardie vriendin wat jou deur dik en dun dra, jou ondersteun in alles, en elke situasie met ’n 10/10 humorsin ligter maak. Sy is ook die enigste mens wat ek ken wat 'n pak Lays chips vinniger kan polish as ek (dis 'n talent). ’n Ongelooflike mens met ’n hart van goud en ’n lag wat enige slegte dag beter maak. Absolute balans. Absolute legende.
Bridesmaid
Ek en Mari is beste maatjies van skooldae af in Bloem, die vriendin met wie ek by verre die meeste memories het. Van Bainsvlei huiskuiers by die Koene, koshuisstaaltjies wat jou sal laat huil van die lag (of jou hare sal laat rys), avonture in “Snoekie” my ou Cross Polo karretjie, tot vinnige EFT’s om mekaar uit te help as die studente budget bietjie geknyp het deur ons universiteitsjare. Sy was altyd daar, altyd gereed om te lag en te deel. Met die mooiste hart, ongelooflike sin vir humor en ’n bietjie van ’n stoutgat, kan ons maklik boeke skryf oor ons avonture. Dit is net reg dat sy my spesiale dag saam met my vier: altyd gereed vir ’n kuier, altyd life of the party, maar ook 'n vriendin met wie jy jou hart kan deel, verseker 'n yster.
Bridesmaid
Kerika, my ander geliefde skoonsussie en amper-ma van die nuutste kleinkind in die gesin, het ons lewens verras en verryk op maniere wat min mense kan. Ons ken mekaar al van laerskooldae af, maar wie sou ooit kon raai dat sy sou deel word van ons gesin- en dat sy elke oomblik nog lekkerder en beter sou maak. Rikie met haar spontane, sprankelende geaardheid, altyd reg om hand by te sit. Iemand wat jou sal ore aansit in 'n gym of fiksheid sessie en jou sal hardloop dat jy kleinraak. 'n Vriendin en skoonsussie 1000. Die lekkerste lag en die mooiste hart.
Best Man
Martin se klein boetie en sy beste vriend al vir 24 jaar, altyd daar as mens hom nodig het. KC is ongefilter, direk, en as jy nonsens praat, gaan jy dit hoor. Hy’s vir niks bang of versigtig nie, behalwe vir sy meisie, Ané - die kleinste, fynste meisie en die enigste een wat vir Cyril behoorlik op sy plek kan sit. Hy was ’n Toyota mechanic op Dakar (ja, daai Dakar), so jy gaan hom niks van ’n Toyota vertel nie… al ry hy self ’n Ford. Ons praat nie daaroor nie. Is dit ironies? Miskien. Selfversekerd? DEFINITIEF. Hy mag dalk Martin se klein boetie wees, maar in baie maniere kyk hy op na hom. Betroubaar, ’n yster, en altyd gretig vir ’n brandewyntjie wanneer die geleentheid dit vra, alhoewel hy nie eintlik ’n geleentheid nodig het nie… so basies altyd. Martin se hero en ook, natuurlik, sy best man.
Groomsman
Martin se nefie, maar basies nog ’n boetie en nog ’n kind in die van Heerden-huis. Ek ken persoonlik nie iemand wat liewer is vir ’n vuur, braai en sy vleis as Luan nie - ook nie vir bier of brandewyn nie, behalwe dalk Cyril. Hy het absoluut geen verskoning nodig om kos oor die vlamme te maak nie. As daar kole is, is hy daar. ’n Daredevil en adrenaline junkie wat jou beslis ’n ding of twee op ’n motorfiets kan wys. Martin en Luan het bitter baie moeilikheid saam aangejaag toe hulle klein was (en ouer was), en van Martin se beste kinderherinneringe is saam met hom. Vuur, volspoed en geen brieke - dis Luan.
Groomsman
'n Goeie vriend van Martin van skooldae af, mede-hond-ouer van Koda, en sy voormalige flatmate. Jannas B is ’n smooth talker van ’n heel ander formaat. Gee hom vyf minute in ’n kamer en hy het reeds drie glimlagte, twee Instagram handles en iemand wat belowe het om “definitief koffie te gaan drink”. ’n Gym bro met dissipline, ja… selfvertroue? O ja. En as daar ’n vinnige ry-ding is? Dan is hy natuurlik voor in die ry. Hy werk ongelooflik hard aan sy trading, ure voor ’n skerm, grafieke, strategieë, maar die mooiste deel? Hy hou dit nie net vir homself nie. As hy ’n goeie tip kry, stuur hy dit dadelik aan, hy wil hê almal moet wen saam hom. Maar agter die charm en die “ek belowe ek’s eintlik rustig” energie, is hy een van die lojaalste mense wat jy kry. As jy hom nodig het, daag hy op. Hy gee raad en hy gee ondersteuning. Jannas B - die enigste man wat ’n gym session, ’n trading session en ’n high-speed session alles in een dag kan inpas.
Groomsman
AJ en Martin ken mekaar van skooldae af - daai tipe vriende wat saam deur hoërskool is, saam planne gemaak het en saam uit planne moes kom. Vinkel en koljander. As die een iets aangevang het, het die ander een ge-cover. Soms goed. Soms, bietjie minder goed. Al sien hulle mekaar nie gereeld nie, bly dit gereelde selfoonoproepe om te hoor hoe dit gaan - geselsies oor werk, boerdery, die liefde, groot hartsake… AJ se geliefde “Mics”… en natuurlik watter bok hy nou alweer op 1.6km geskiet het. (Ek hoor al lank van hierdie legendariese skote, maar het dit nog nooit self beleef nie. Ek wag nog). AJ is ’n staatmaker. Iemand op wie se knoppie jy kan druk, en hy sal sonder twyfel deurnag van Graaff-Reinet na Stellenbosch ry as Martin hom ooit sou nodig kry. Stil lojaliteit. Groot hart. En ’n mik wat blykbaar geen einde ken nie.
Groomsman
Ou Nath, een van daai mense wat nog altyd daar was. Deur dik en dun, deur al die fases, al die planne en al die groot oomblikke. Hy was ook daar die dag toe Martin my die eerste keer in Loch Logan Mall ontmoet het - so tegnies is hy half ’n stille aandeelhouer in hierdie hele storie. Daar was ’n tyd wat hy internasionaal gemodel het. Ja, regtig. Calvin Klein (CK), you name it. Hy’s nou afgetree van die runway en fokus eerder op 'n ander tipe run, sy maratons. As daar iets is wat Nathan het, is dit uithouvermoë. Hy hardloop letterlik vir plesier. Die mooiste deel van Nath is nie die ou model-foto’s nie, dis hoe hy liefhet - lojaal en konstant, dit sê meer as wat enige billboard ooit kon.
Groomsman
Willem kom saam met Martin van hoërskooldae af, die twee is saam deur matriek, ook maar net-net, as ek die stories so luister. As daar moeilikheid aangevang is, kon jy maar weet Willie is betrokke. Bitter stout, altyd ’n plan, maar ’n ongelooflike goeie mens. Die twee het so baie stories saam, glo my, ek wil dit baie graag vertel, maar dis niks wat jy op swart en wit kan neerskryf nie... Van skool, tot jagskool, tot tien jaar later steeds goeie vriende, met gereelde selfoon-check-ins al sien hulle mekaar nie gereeld nie. Willie was ook die eerste pel van die vriendegroep wat die knoop deurgehaak het en met sy geliefde Melis getrou het (dankie Willie dat jy jou vriende inspireer het om dieselfde te doen). Nou is hy so rustig soos ’n bos in die vroeë oggend. Wel… rustig genoeg. Stout, lief en altyd daar - Willem Jordaan.