ONS EERSTE ONTMOETING (AS VRIENDE) - BEGIN 2017 Ons storie het begin toe ons mekaar vir die eerste keer ontmoet het by die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein ná ’n skole-atletiekbyeenkoms in 2017. ONS EERSTE (VRIENDSKAPLIKE) AFSPRAAK - MAART 2018 Na ’n rugbytoer in Riversdal het Martin besluit om ’n vinnige draai by Marlouise te maak in Stilbaai. Daar was beslis ’n vonkie, maar op daardie stadium het Marlouise in Stellenbosch studeer en Martin was nog in Bloemfontein. ONS EERSTE REGTE AFSPRAAK - JULIE 2024 Na 7 jaar op verskillende paadjies het die Here weer ons paaie gekruis. Martin het werk gekry in Somerset-Wes en Marlouise was steeds in Stellenbosch. ’n Vinnige “Hello, hoe gaan dit? Ek het so lanklaas van jou gehoor” boodskap het gevolg - en net 4 dae later was ons op ons eerste ‘date’. Ons het albei daardie aand geweet ons gaan met mekaar trou. DIE GROOT VRAAG - 3 OKTOBER 2025 Martin het die vraag gevra in die duine op die plaas en natuurlik was die antwoord JA! ONS BEGIN VIR ALTYD - 3 OKTOBER 2026 Nou kan ons nie wag om ons volgende hoofstuk saam te begin nie en dit saam met ons spesiale mense te vier nie.