Ons beveel aan dat julle teen 14:30 arriveer sodat julle genoeg tyd het om te vestig voor die seremonie stiptelik 15:00 begin.
Die kleredrag vir ons troue is formeel. Vroue: ’n Pragtige lang rok of ’n stylvolle broekpak sal perfek wees. Mans: ’n Netjiese langbroek, knoophemp, das of strikdas en ’n baadjie, asseblief geen jeans. Enige kleure is welkom. Ons vra egter vriendelik dat wit en beige vir die bruid gereserveer word.
Metgeselle en kinders slegs per uitnodiging. Ons vra vriendelik dat slegs die gaste wat op die uitnodiging aangedui is, die troue bywoon. Baie dankie dat julle verstaan.
Daar is toegewyde parkeerplekke by die venue self, daar sal ook ’n karwag wees wat die voertuie oppas.
Drankies tydens die canapés is op ons, ook die tafelwyne en sjampanje. Daar sal ook 'n kroeg met kaartfasiliteite beskikbaar wees.
Net buite die plaashek is daar ’n groot verskeidenheid gastehuise en Airbnbs om van te kies (kyk onder die VERBLYF tab vir aanbevelings van gastehuise & Airbnb's). Ons beveel aan dat julle so gou moontlik verblyf bespreek, aangesien dit skoolvakansie is gedurende daardie tyd. Julle is natuurlik meer as welkom om op enige ander plek verblyf te bespreek. Neem asseblief kennis dat daar ’n hek tussen Landtscap en die Devonvallei is wat Landtscap nie toegang tot het nie. Daarom beveel ons aan dat gaste nie verblyf in die Devonvallei bespreek nie, tensy die verblyfplek toegang tot die JC Le Roux-hek het. Ons beveel sterk aan dat julle in die Devonvale, Bottelary of Kromme Rhee area bly.
RSVP asseblief voor of op 15 AUGUSTUS 2026. Ons sien ongelooflik uit daarna om ons spesiale dag saam met julle te vier.
Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag is vir ons die grootste geskenk. Indien julle tog graag ’n geskenkie wil gee, sal ’n bydrae tot ons nuwe begin saam baie waardeer word. Sien asseblief bankbesonderhede hieronder: ABSA Bank Account Holder Name: Martin van Heerden Account Number: 9104278865 Branch Code: 632005 Account Type: Cheque