Travel
Daar is meer as genoeg gastehuise en verblyf-opsies in en om Paarl beskikbaar. Hieronder is net ’n paar voorstelle om julle te help begin kyk. Julle is ook baie welkom om ’n draai te gaan maak op LekkeSlaap se webwerf om na ander opsies te kyk wat dalk beter by julle behoeftes pas.
Neem asseblief kennis dat daar ongelukkig geen verblyf by die venue self beskikbaar is nie, behalwe vir die bruid en bruidegom, saam met hulle gevolg. Uber is beskikbaar vanaf Paarl tot by die venue, en indien die aanvraag groot genoeg is, kan ons ook graag ’n shuttle vanaf Paarl en terug reël.