Ons is mal oor julle kindertjies, maar het gedink julle sal 'n aandjie af geniet! Slegs volwassenes, asseblief.
Julle is welkom om enige tyd by Ontvangs in te boek van 14:00 af en julle voete te vind. Maak asseblief seker dat jy voor 14:30 ingeboek is, anders gaan jy die kantoor mis en nie jou sleutel kan kry nie. Vertrek tyd is om Sondag, 10:00.
Ons nessie is reeds geveer, spaar jou voete die loop, 'n geldjie sal ons waardeer.
'n Kontant kroeg sal beskikbaar wees by die onthaalsaal, geen eie drank word toegelaat tydens die onthaal nie. 'n Drankie vanuit die kattebak is wel toegelaat vanaf middernag.
Die makietie sal omstreeks 18:00h afskop, waarmee Hoofgereg om 19:00h bedien sal word.
Voel vry om enige tyd na die verrigtinge te vertrek, of kuier saam met ons tot middernag.