House Or Rental
The Silver Sixpence bied 'n verskeidenheid luukse akkommodasie-opsies aan vir gaste wat die troue bywoon. Die lodge beskik oor privaat eenhede, elkeen toegerus met en-suite badkamer, luukse beddens en ‘n gesellige kaggel. Byna alle eenhede is binne stapafstand van die onthaal lokaal waar die troue Saterdagaand plaasvind. Vir die gerief en veiligheid van ons gaste, het ons reeds akkommodasie by die venue vir al ons gaste bespreek. Dit verhoed enige besprekings-onsekerheid en verseker dat niemand na afloop van ons fees hoef te reis nie. Akkommodasie is gereserveer vir beide Vrydag- en Saterdagaand teen 'n tarief van R750 per persoon per nag, wat 'n totaal van R1500 per persoon vir die naweek beloop. Kinders onder die ouderdom van 15 jaar sal geen akkommodasiekoste dra nie. Akkomodasie sluit koffie- en teemaak fasiliteite in. Tref asseblief eie reëlings elders vir Saterdag ontbyt en middagete. Aangesien alle verblyf koste by The Silver Sixpence reeds vereffen is, word gaste versoek om verblyf direk by die bruidspaar te bespreek en betaal. Maak ‘n EFT betaling by: Bank: FNB/RMB Rekening Houer: Johané Jooste Rekening Tipe: Savings Account Rekening Nommer: 63015457921 Takkode: 250655 Verwysings: Naam en van Stuur bewys van betaling aan haasfees2025@gmail.com Bespreking word bevestig met bewys van betaling. Sluitingsdatum vir besprekings: 25 April 2025.