Vrydag 06 Junie.
16:00
Gaste is welkom om vanaf vier-uur die middag by die venue in te boek.
17:30
Vanaf half ses sal vure by die brouery aangesteek word. Gaste word genooi om saam te kom kuier. Daar is 'n kontant-vrye kroeg waarby drankies bestel kan word.
Aangesien sommige gaste van vêr af reis, sal versnapperinge omstreeks half sewe by die brouery bedien word.
19:00
Om sewe uur word aandete bedien.
Saterdag 07 Junie.
Ontbyt
Aangesien daar geen ontbyt by die venue bedien word nie, word gaste uitgenooi om dit by een van die talle nabygeleë restaurante te geniet en die oggend te benut om die omgewing te verken.
14:00
Die seremonie sal op Saterdag, 7 Junie, om halfdrie begin. Daarom word alle gaste versoek om teen twee-uur voor die onthaal-lokaal bymekaar te kom.
Sondag 08 Junie.
10:00
Gaste word versoek om teen tien-uur Sondagoggend uit te boek. Ontbyt kan by ’n restaurant van hul keuse geniet word, en die troupaartjie sal die oggend beskikbaar wees om afskeid te neem.