Vir dié wat die meeste uit hul naweekwegbreek wil put, is daar ’n verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede in die omgewing om Saterdagoggend te geniet.
Cairnfern:
Op die venue self is daar vier forel damme wat ideaal is vir vlieghengel, asook pragtige bos- en bergwandelpaadjies wat na ’n waterval lei.
Gooderson Klopenheim:
Langsaan Cairnfern lê Gooderson Kloppenheim Country Estate – ’n pragtige ontspanningsoord met ’n besonderse restaurant en ’n verskeidenheid aktiwiteite, insluitend:
- La Vita Spa
- Golf dryfbaan
- Putt Putt baan
- Kinderspeelkamer
Dullstroom:
Dullstroom is sowat 45 minute se ry vanaf Cairnfern en spog met ’n wye verskeidenheid restaurante en winkels. Noemenswaardige plekke sluit die volgende in:
- Wild about Whiskey
- Bird of Prey Sanctuary
- Dimitrov Kunsgalery
- Beans About Coffee
Vir ontbyt Saterdagoggend beveel ons graag enige van die volgende restaurante aan: