Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Hero Slideshow Image 0Hero Slideshow Image 1Hero Slideshow Image 2Hero Slideshow Image 3Hero Slideshow Image 4Hero Slideshow Image 5

Welkom By Ons VirAtlyd

Divan

&

Amorique

#DeKlerkVirAltyd

May 2, 2026

DoringRant, Beestekraal, South Afrika

Die Begin Van Ons VirAltyd

EST. 01.06.2019

Cupid se pyl tref die tweetjies in die jaar 2019. Tydens 'n familiekuier vroeg in 2019 het JP Lombard – ook bekend as Amorique en Divan se Cupid – aan Amorique genoem dat hy die perfekte man in gedagte het om haar matriekafskeid-metgesel te wees aan die einde van die jaar. Amorique het natuurlik die idee afgelag en gedink JP maak maar net grappies, maar inteendeel – JP het daardie selfde dag die bal aan die rol gesit… of eerder, die pyl in die boog gesit. Hy het vir Divan gesê dat hy hom aan 'n meisie wil voorstel. Divan was skepties, maar gewillig om meer uit te vind. "Dis reg, JP – solank sy nie meer op skool is nie," was Divan se woorde, waarop JP geantwoord het: "Sy is darem in matriek, so dit tel mos nie..." JP het toe Amorique se nommer vir Divan gestuur en die keuse in sy hande gelos. Daardie volgende Maandag het Divan sy besluit gemaak en die moed bymekaar geskraap om die eerste boodskap te stuur (tydens skoolure nogal 😉). Amorique het die arme man die hele dag laat wag voordat sy uiteindelik op sy eerste boodskap geantwoord het... Maar sy was glad nie spyt dat sy wel op Divan se boodskap geantwoord het nie. Die boodskappe het gemaklik gevloei, en kort voor lank wou die twee mekaar in persoon ontmoet. Die Eerste Ontmoeting Met hulle eerste ontmoeting het die blouoog-man Amorique se hart al 'n bietjie vinniger laat klop met sy deernis en sprankelende persoonlikheid. Die gesprek het natuurlik gevloei en alles het net reg gevoel. Die Ontwikkeling van die Verhouding Na die eerste ontmoeting het die boodskappe vinnig oorgeskuif na lang oproepe. Hierdie oproepe het gelei tot naweek kuiertjies, en ná BAIE kuiertjies het dit uiteindelik gelei tot die volgende stap in hulle verhouding. Die vraag om meer te wees as net vriende was op 1 Junie 2019 gevra. Die Groei van Liefde Soos enige nuwe verhouding moes die twee aan mekaar skuur en skaaf, en die klein dingetjies wat krap onder hande bring sodat hulle altyd die beste in mekaar kon raaksien en na vore bring. Soos die lewe maar loop, was daar baie hindernisse op hulle pad, maar deur alles het hulle saamgestaan en die struikelblokke saam aangepak – sterker aan die anderkant uitgekom. Die Groot Vraag Gesprekke rondom verloof raak en trou was nog altyd opwindend en deel van hulle toekomsplanne. Aan die einde van 2021 het dié gesprekke 'n bietjie ernstiger begin raak, en die twee het besluit die tyd is amper reg vir die volgende hoofstuk in hulle "VirAltyd"-lewensboek. Na ’n lang en bedrywige 2022 het hulle begin gesels oor 'n wegbreeknaweek, waarvoor Divan heel gewillig was om te reël. CrystalStreams naby Dullstroom was hulle gekose bestemming — en alles het gelyk soos iets uit ’n storieboek. Die storieboekprentjie het toe ook 'n storieboek-einde gekry toe Divan op 20 Desember 2022 op sy regterknie gegaan het en vir Amorique gevra het of sy "JA" sal sê vir hulle VirAltyd... Natuurlik was die antwoord JA; en so verwelkom hulle almal by hulle VirAltyd Hoofstuk.

Footer image