Hoofstrooimeisie
Met ’n ouderdomsverskil van ’n jaar en vier maande het God my waarlik geseën met ’n sussie wat vir my meer kosbaar is as goud. Dit was ’n groot vreugde en seëning om saam met haar groot te word, en later in ons volwasse jare te sien watter wonderlike vrou en mamma sy geword het en is. Haar liefde vir God is iets besonders. Haar sagtheid, wysheid en omgee laat diep spore in my hart. Sy inspireer my opreg baie.
Bruidsmeisie
Van die oomblik wat ek gehoor het Derick ’n sussie het en hy my meer van haar op Instagram gewys het, het ek opgewonde geraak. Sy het gestraal nie net van onbeskryflike uiterlike skoonheid nie, maar van die innerlike skoonheid wat God se dogters uitstraal, die soort wat selfs soms op foto’s te sien is. Soos ek haar oor die foon en later in persoon leer ken het, het sy my as mens waarlik verryk, en ek is so in verwondering oor watter juweel van ’n dame, mamma en vrou sy is. Sy het diep in my hart ingekruip. Ek kan nie wag om deel van haar familie te wees nie.
Bruidsmeisie
Waar begin ek? Ek en Moira was saam in dieselfde Bybelstudiegroep in Stellenbosch. Ons het veral een aand, tydens ’n funksie by die kerk en daarna met ’n oorslaap by haar blyplekkie, ’n baie spesiale band begin bou. Sy is ’n pragtige dame en dogter van God. Ek is lief vir haar borrelende, tog elegante en gesofistikeerde persoonlikheid. Haar liefde vir God is vir my so mooi. Ek waardeer ons tye saam en koester al ons herinneringe opreg. Ek kyk op na haar en kan nie wag om, soos reeds met die aanloop tot en tydens die troue, saam te vier nie.
Bruidsmeisie
Spasie is te min om al die tyd saam en herinneringe te beskryf. Ek het vir Amor deur ’n vriendin ontmoet. Ons almal het in dieselfde universiteitskoshuis, Huis Erica, gewoon. Van die oomblik wat ek Amor leer ken het, het ek baie van haar gehou. Sy is so ’n lekker mens, en ek en sy het baie tyd saam spandeer en wonderlike herinneringe opgebou – groot geskenke uit ons Vader se liefdevolle hand. Amor is ’n pragtige dogter van God. Haar liefde en omgee is iets onbeskryfliks.
Bruidsmeisie
Nicole has been one of my closest English friends whom I have known and cherished since my first year at Stellenbosch University. We initially lived in the same university residence, Huis Erica. We also attended the same church and participated in many outreaches together. We truly have beautiful and precious memories. I love spending time with her and deeply treasure our friendship. She is a beautiful daughter of God.
Bruidsmeisie
Nadia is ’n stunning mens. Van die oomblik wat ek haar ontmoet het, kon ek agterkom sy het iets stralends wat skyn. Sy dra soveel mooi in haar hart, en haar opregte liefde en omgee is iets besonders. Ek het jare terug vir ’n rukkie saam met haar by dieselfde plek gewerk, waar ek privaat onderrig gedoen het en sy ook met die kinders gehelp het. Onlangs, het ons paaie weer gekruis. Nadia verryk my lewe, en ek koester en geniet elke sekonde saam met haar. Haar liefde vir Jesus is vir my so mooi. Sy is ’n groot seëning van God.
Hoofstrooijonker
My neef Wouter; in elke familie is daar daai een of twee neefs wat wanneer hulle saam is net moeilikheid bring. Die hoeveelheid nonsens wat ons saam al aangejaag het, kan regtig boeke vul. Maar bo alles is jy altyd ’n ongelooflike neef, iemand op wie ek kan staat maak , en ’n vriend deur dik en dun. Ek waardeer jou opreg en is dankbaar vir al die herinneringe wat ons al saam kon bou.
Strooijonker
Chris is ’n stille mens, maar sy dade sê alles. Hy is altyd daar as ’n broer ; gereed om te help, selfs in die kleinste dinge, soos om koffie te bring vir wanneer ons ure langs die viswater deurbing. Hy was daar op my laagste, was nog altyd ’n steunpilaar, en wat ’n 'champion' vriend is hy nie. Sy lojaliteit, stil krag en opregte hart maak hom iemand wat jy altyd naby jou wil hê.
Strooijonker
Arno, my maat, ons is regte visvang-addicts! Jy het ’n baie na aan my hart geword. Ek voel regtig geseënd dat ek jou ontmoet het en is so dankbaar vir ons vriendskap en hoe ons ons liefde vir al ons stokperdjies saam kan deel. Bly net cool, my maat. P.S. kry ’n Beachmaster 7!
Ringdraer
Ringdraer