Ek het altyd gedink dat die gesegde "As jy DIE EEN ontmoet, sal jy weet." 'n groot klug is. Totdat ek hom ontmoet het. Skielik het alles nie net vir my in plek geval nie, maar ons het geweet dat ons vir mekaar gemaak is van dag een af. Die Here het sy hand van dag een af oor ons verhouding gehou en daarom maak ons Hom die fondasie en die rots waarop ons verhouding gebou word en groei. Ons verhaal het begin waar ons altwee ons passies uitgelewe het, en steeds doen. Daar waar twee wêrelde een geword het. Hoe wonderlik is dit nie om die lewe en sy uitdagings saam jou beste maatjie te kan deel nie? Ons sien uit om die sewe sakke sout saam te eet.