Bridesmaid
BY FAR the best thing Thomas has ever contributed to this family. It's not even close. I still remember the first time Gaby and I met up alone for a drink after she and Thomas started dating. It did not take long before it was clear that a lifelong friendship was destined for us. Whether it is about religion, family or what it means to become a wife, there has never been a topic that we could not discuss. It is a valuable and precious thing to have friends that Henry and I both love so much and who fill our social batteries rather than draining it. Thank you for the grace, love, determination and thoughtfulness that you bring to our friendship and the kindness you show to the people around you. Thank you for always backing me up and being in my corner and for your support, no matter the context. I look forward to a lifetime of having a glass of wine and yapping while our husbands run around with a ball.
Strooimeisie
"Hey, Dorothea, do you ever stop and think about me? When we were younger, down in the park, making a lark of the misery." Ek kan Nina op die beste manier beskryf deur te sê dat van almal wat ek ken, sy tegelykertyd die grootste kans het om 'n Nobel-prys te wen, tronk toe te gaan, president te word, 'n boek oor 'n raar spinnekop uit die Knysna-woud te skryf, 'n kinderhuis te begin, te trek Istanbul toe en (weer) haar naam te laat verander. As die queen (soos sy dit sal noem) van "never let them know your next move", wys sy my al vir 6 jaar dat jy nooit net een ding hoef te wees nie. Sy is my klankbord, my LLB-maatjie, my mede-bolter en my inspirasie dat dit regtig nooit te laat is om beheer oor jou lewe te neem en moeilike besluite te neem wanneer dit nodig is nie. Dankie vir jou aanvaarding en dat jy altyd saam met my oor die harde waarhede praat, Nina. Ek is bly jy is nie ontvoer nie.
Strooimeisie
Ek het Rouxvé ontmoet op een van die aakligste dae van my lewe. Hoekom ons op daardie bank in die Harmonie gang gesit en huil het weet ek nie, maar tot vandag toe is ek dankbaar daarvoor. Rouxvé is een van daardie merkwaardige mense wat regtig passie het vir dit wat sy doen. Of dit nou 'n Springbok-game, 'n Mamma Mia aand, 'n boekklub of 'n ete met vriende is, sy het 'n ongelooflike gawe om liefde en opwinding agter die kleinste detail te sit. Sy gryp aan wat die lewe het om te bied, en is 'n fantastiese voorbeeld van iemand wat lewe vir haarself lekker maak. Dit is so 'n voorreg om een van die mense in jou "orbit" te wees, en om die veelsydigheid wat Rouxvé is van naby te beleef. Dankie dat jy my lewe meer kleurvol, ligter en beter maak. Ek is ongelooflik dankbaar dat jy langs my gaan staan op my en Henry se spesiale dag.
Strooimeisie
My Samahi-sussie. Ek hoop jy kyk nou terug en onthou al die tye wat ek aan jou gekarring het om saam met my te speel terwyl jy wou lees. Sien jy ek was reg - ons hou eintlik van tyd met mekaar spandeer. My sussie met die mooi dimpels, groot hart en ope arms. Ek is so dankbaar vir die Blousyfer-maande in 2020 toe ons kon op jou mat lê en Say Yes to the Dress kyk. Toe ek begin werk, het ek ook middagete wanneer ek kon, vinnig 'n 3-minute Say Yes to the Dress video ingewerk. Dit was soos om 'n sussie-drukkie uit die Vrystaat te kry. Dankie vir die mooi voorbeeld wat jy vir my en almal anders in jou lewe stel. Jy leer my Jesus-liefde en al raak ek vreeslik kwaad as jy nie die woorde luister wanneer ek vir jou 'n liedjie probeer speel nie, weet ek dat jy altyd beskikbaar is wanneer ek met jou wil gesels. Wat 'n voorreg om hierdie spesiale tyd in ons lewens met mekaar te kan deel.
Strooimeisie
Ek het die voorreg en voordeel van twee ouer sussies wat ek kon dophou in die verskillende fases van die lewe voor dit my beurt was om die uitdagings en moeilike besluite vir myself te neem. Alhoewel ek nie altyd so mooi in hulle voetspore gevolg het nie (baie dankie aan almal in Hugenote wat my daaraan herinner het, by the way) het dit my ten minste altyd voorberei vir dit wat ek ook later in my lewe in die oë moes kyk. Marita is 'n ongelooflike voorbeeld dat mens regtig enige iets kan doen as jy vasberade is, hard werk en nie soos sy sal sê, 'n "snowflake" is nie. Ek dink ek sou baie meer agter in die lewe gewees het as jy nie toe jy my leer fietsry en ek afgeval het, my weer gedwing het om op te staan en verder te ry nie. Deur al jou uitdagings en verskillende fases van die lewe het jy vasgehou aan jou beginsels, wie jy is en waarin jy glo. Ek het die wêreld se respek vir jou. Dankie dat jy ook bereid is om 26 September saam met my te vier, en vir al jou liefde en moeite ook in die aanloop soontoe. En dankie vir jou briefies uit die koshuis toe jy graad 8 toe is - ek het hulle almal gehou.
Seremoniemeester
Daar is net een man, mite, en legende wat gekwalifiseerd genoeg is vir hierdie rol. Die swaer van die bruid, en die vriend van die bruidegom. Ons is bevoorreg om te kan staatmaak op ‘n yster soos Dewald om al ons gaste op hoogte te hou van verrigtinge en te vermaak vir die aand met sy pure klas, charisma en moeitelose sin vir humor. (En as hy iets vergeet sal Marita hom herinner.)
Strooijonker
Henry en Divan se paaie het gekruis op Stellenbosch in die loopgraaf oorlog teen Elektriese Ingenieurswese. Wat eers begin het as klasmaats, het omgeskakel in koshuis kamermaats en daarna in lewenslange vriendskap. Divan se lojaliteit, emosionele ondersteuning, vetroostende teenwoordigheid vir beide Henry en Danielle wanneer dit die nodigste was, maak hom meer as waardig om in die kleure van die strooijonkers te staan. Divan vlieg spesiaal in al die pad van Nederland en bring sy belaglike snaakse sin vir humour en uitstekende partytjiehou-vermoë saam.
Strooijonker
In 2014 is Leon van skole oorgeplaas in Bredasdorp na Hugenote Hoërskool in Wellington en beland ook toe (bietjie teen sy wil) in die koshuis saam met Henry. Wat van daardie tyd al uitgestaan het, is dat Leon ten spyte van sub ideale omstandighede steeds bo uitkom en presteer danksy sy sterk waardesisteem, deursettingsvermoë, intelligente benadering tot probleemoplossing. In 2018 is Leon toevallig weer in dieselfde studente koshuis as Henry geplaas - Helderberg (weer teen sy wil) en word ook toe ontplooi in die loopgraafoorlog teen ingenieurswese. In 2025 kry Leon werk in dieselfde kantoorblok as Henry… Die waarheid is dat die koshuislewe en die lewe daar buite taai is. Soms is jou hulpbronne beperk, is jou gedagtes morbied, stres jy oor die volgende toets of rekening, verlang jy na die huis en moet jy badkamer toe gaan in die middel van die nag in lang donker scary gange. Maar as jy ‘n Leon het, wat konstante vriendskap, vertroosting, kameraatskap en komiese verligting bied, sal jy oraait wees. Die Heyns bruilof bied aan: Leon - die gentleman-ste van die lot strooijonkers.
Hoofstrooijonker
Henry se ouer broer, mentor, mede-ingenieur en beste vriend. Alles goed van sy kinderdae assosieer hy met Michael. Van kleins af het hulle alles saam gedoen of dit nou playstation speel, bal skop, stoei, braai, eet, slaap, rugby kyk, draf, musiek luister of lag was - Michael was altyd by vandat hy kan onthou om die pad vooruit te loop en ‘n goeie voorbeeld te stel oor hoe om die lewe te navigeer en wysheid te bied in die reis na manwording. Wie beter as ‘n reus soos Michael om die majestueuse rol van hoofstrooijonker by ons troue te vervul.
Strooijonker
Henry en Stephan het ontmoet op hoërskool, maar party sou kon redeneer dat hulle bestem was om te ontmoet in enige kosmiese realiteit. ‘n Ware vriend, band mate, mede-diepgeselser, -dromer, -filosoof, - komediant, iemand waarmee Henry baie gelukkige herinneringe deel, maar ook iemand waarop hy kon staatmaak as dinge nie heeltemal vlot verloop het nie. Met Stephan se invloedryke rol, onbaatsugtige vriendskap wat grens aan broederskap, omgee en leiding in baie aspekte van Henry se lewe, is dit geen verrassing dat hy aantree as strooijonker op ons spesiale dag nie.
Strooijonker
Henry se heel eerste hoërskoolvriend en toevallig Danielle se nefie. Beide Thomas en sy familie het vir Henry ingenooi van dag 1 en hom deel laat voel. Van Wellington se koshuisdae, tot laat aande om die vuur gesels en ure op die strand frisbee gooi, bal skop en branders duik in Dwarskersbos, kitaar karaoke in Citrusdal en studentedae in Stellenbosch het Henry en Thomas ‘n onbreekbare band gevorm. In beide voor- en teenspoed is Thomas ‘n diep, lojale en positiewe teenwoordigheid, iemand wat Henry inspireer om sy drome te volg of soos Thomas sou sê: "You either go GROOT or you go DOOD". Sonder Thomas sou die gevolg maar middelmatig wees…