Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Hero Slideshow Image 0Hero Slideshow Image 1Hero Slideshow Image 2Hero Slideshow Image 3Hero Slideshow Image 4Hero Slideshow Image 5
flowersflowers

Henry Heyns

&

Danielle Burger

#honderd%heyns

September 26, 2026

Leipzig Country House, Worcester, Western Cape
103 days103 d16 hours16 h55 minutes55 min29 seconds29 s

Ons Storie (Henry se weergawe)

Dit het alles begin toe ek eendag na aandete besluit het om aan tafel te bly sit en gesels met die vermaaklike mede-koshuisgangers van Hugenote Hoërskool in my Graad 11 jaar (2016). Ek kan nie presies onthou wie almal deel was van die gesprekke of waaroor dit gegaan het nie, want my aandag was ten volle gevestig op die mees "intriguing" mens wat ek nog ooit ontmoet het - Danielle. (Tot op hierdie punt het ek nog altyd geweet wie sy is - Marita, die koshuis hoofdogter van my Graad 8 jaar en een van mees intimiderende “miladies”, se jongste sussie. So ek het maar versigtig getrap…) Danielle se pragtige glimlag, ligblou oë, sagte geaardheid, briljante sin vir humor en warm persoonlikheid was iets wat ek nog nooit voorheen beleef het nie. Onmiddellik het ek geweet dat Danielle spesiaal is. Ons het vinnig beste vriende geword en ‘n veilige ruimte vir mekaar gebied waar ons onsself kon wees en oor enigiets kon gesels. Soveel so dat ons ons eie taal begin praat het wat net ons verstaan en ek dink ander mense kon begin optel dat daar meer as net “vriendskap” in die vergelyking is. Ek is toe universiteit toe in 2018 en die ding hang toe effens in die lug. Alhoewel Danielle besluit het om ‘n kêrel te kry gedurende hierdie tyd, het dit nie my gevoelens wat ek vir haar het gedemp nie, inteendeel, dit het dit versterk. Toe Danielle in 2019 ook by Maties aansluit, het ek dit my missie gemaak om soveel as moontlik Neelsie koffies met haar te reël. Hier het ons ons diep, filosofiese gesprekke hervat en uiteindelik was die kat uit die sak dat ek inderdaad baie lief is vir haar. Dit was nie lank nie, toe vind ek uit sy het haar kêrel gelos… Ek kan ‘n boek skryf oor die invloedryke rol wat Danielle in my lewe gespeel het sedertdien, al die opbouende ervarings wat ek met haar aan my sy beleef het en dit wat ek by haar geleer het. As ek terugdink aan amper al my goeie herinneringe, kan ek dit toeskryf aan haar. Haar waardes is onwrikbaar, sy is die sterkste, mees konstante, vrygewende, nederige en liefdevolle mens wat ek ken. Wat ‘n voorreg om na 10 jaar met my hoërskool en studente ‘sweetheart’ te kan trou.

Ons Storie (Danielle se weergawe - soortvan)

Wat maak ‘n storie ‘n storie? Ek was nog nooit een wat té veel gesukkel het met woorde nie. Ja, my stem het gebewe as ek moes mondeling praat in die Afrikaanse klas en partykeer hoor ek daardie selfde onsekerheid as ek moet opstaan in die hof. Maar gewoonlik wanneer dit ek en my rekenaar of ‘n stuk papier en pen is, vloei die letters redelik maklik. Maar om een of ander rede sukkel ek om “Ons Storie” te skryf soos ek nou hier sit. Sit ek die twee draairoomyse in Pretoria, die laataand gesels op die bankie voor die Lombardi, die voorkopsoen by die Konservatorium of die sokkie in die studiesaal in? Of begin ons storie eers later, met die ring aan my vinger en die venue soek en die Excel-Spreadsheet wat wys ons het net R150 vir kos die maand? Vir iemand wie gewoonlik redelik detail-georiënteerd is, is dit onmoontlik om die afgelope 10 jaar in die voorgeskrewe lengte te verwoord. Wat “Ons Storie” betref, kan ek dit nie eintlik nou al vertel nie. Ek ken dele daarvan, maar die hoogtes en dieptes en uitdagings en vreugdes en lag en saamwees het nog eintlik net begin. Ek kan wel “My Storie” vertel. Dis heelwat makliker: met alles wie ek is, wie ek was en wie ek ooit sal wees, is ek lief vir Henry Heyns. Waar hy gaan wil ek wees, waaroor hy droom wil ek droom, en waar ek tekortkom weet ek sal hy aanvul, ondersteun en vertroos. My storie is dat ek my gunsteling mens aan my sy het vir die res van my lewe, en dat ek en hy daar vir mekaar gaan wees as getuies van die banaalste en opwindendste tye van ons daaglikse lewens. Wat ‘n voorreg. 26 September 2026 het ek die voorreg om hardop te belowe dit wat ek lankal in my hart geweet het. “as ek oor jou sing, die ruimte in is daar eggo's in die nag dis duidelik, maar sag iets het jou teruggebring”

Footer image