Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Trou Span

Níne

Strooimeisie

Die eerste maatjie wat Caitlyn op universiteit gemaak het te danke aan die belangrikste kopknik van haar lewe. Vra gerus Níne vir die hele storie, ons is mal daaroor om dit te vertel. 'n Spesiale vriendskap getoets, gebou en gemaak om vir altyd te hou.


Nina

Strooimeisie

Klasmaat, gym-maat, huismaat en lewensmaat. Vir Caitlyn was die vriendskap vasgestel toe sy besef sy kon Nina blindelings uitken aan die ritmiese 'klap-klap' van haar plakkies teen die koshuistrappe af, al voor sy aan Caitlyn se deur geklop het. 'n Eerlike en lojale hartsvriendin.

Tunet

Strooimeisie

Caitlyn se COVID-geskenk en nog altyd die mees georganiseerde vriendin tussen die lot. Tussen die stil gange en leë koshuiskamers het Caitlyn se hartjie vol geraak danksy 'n kosbare vriendskap wat tussen hulle gevorm het.


Robynne

Strooimeisie

Robynne het op ’n tyd gekom wat net as ’n bo-natuurlike ingryping van die Here beskryf kan word. Sy was daar vir elke 'nie-amptelike' afspraak (behalwe die hike) en haar teenwoordigheid het nie net rustigheid gebring nie, maar ook soveel liefde en genot. Dit was nog vroeg in hul vriendskap, toe hulle terug ry van 'n Sisterhood-konferensie waar Caitlyn besef het Robynne gaan nog 'n baie spesiale plek in haar hart inneem.

Vian

Strooijonker

Charlie het dadelik aanklank gevind by Vian se stiptelikheid en opregtheid. Hul vriendskap is tydens ’n middagete-koffie amptelik beklink toe Vian sê: "Jy weet jy is een van my goeie vriende, nè?" Eenvoudige sinnetjie maar met diep gerusstelling.


Nevan

Strooijonker

Charlie is nie heeltemal seker waar of hoe die vriendskap begin het nie, maar dit kan bes beskryf word as 'potent, powerful en pastoral'. Dalk is dit die Worcester-Villiersdorp gemeenskaplikheid.

Ryan

Groomsman

Contrary to the status quo, this friendship was establish after a passionate rebuke in the Neelsie. Soon after, Ryan extended the olive branch and bread was broken on the Rooiplein grass. Now they are best mates.


Jandré

Strooijonker

Niks bring twee graad 8 koshuis seuns nader aan mekaar as bietjie trauma-bonding nie. Prys die Here sy ouers het 'n "Safe Haven" huisie in Stellenbosch gekoop... later het Charlie besef dit was Jandré wat die "Safe Haven" geraak het.

Ben-Jason

Hoofstrooijonker

Charlie was aanvanklik nie baie beïndruk met Ben nie, aangesien hy hom as ’n pliggie beskou het. Om dinge te vererger, was hulle tydens ontgroening letterlik aan mekaar vasgebind. Die toue was toe eintlik profeties vir die hegte verbintenis wat hulle vandag deel.


Ons Gaste

Gees van die fees

Ons sal nie hierdie geleentheid kan hê sonder geliefdes wat dit getuig en saam vier nie!