Ons sal die Vrydagaand afskop met 'n burger braai by die Boma area. Gaste kan enige tyd vanaf 5 uur arriveer. Kos en 'n paar wyne sal voorsien word, maar indien julle 'n ekstra vleisie en drinkgoed wil bring is julle meer as welkom. Die Saterdagoggend kan julle die plaas verken of selfs Greyton besoek. Die plaas het draf en MTB roetes asook 'n dammetjie wat (moontlik) vissies in het. Gaste kan vanaf 13:30 op beweeg na die Stone Barn toe vir die beste troue wat julle ooit op 13 Junie 2026 sal bywoon ;) Ons vra asseblief dat gaste teen 10 uur Sondagoggend die huisies ontruim.
Die venue is 'n troubestemming, maar bied ook selfsorg-akkommodasie op die plaas aan. 'n Paar kothuise asook die hoofhuis is solank vir die troue gereserveer wat ongeveer 60 slaapplekke dek. Sodra ons die finale lys het van almal wat van die verblyf gebruik gaan maak, sal ons die plasings doen volgens families, getroudes en vriendekringe.
Julle kan die betalings teen 1 Mei na Caitlyn se bankrekening maak asb: Naam: C Robson Bank: Investec Bank Takkode: 580105 Rek nr: 1001 323 1485 Julle kan die bewys van betaling ook vir Caitlyn stuur (082 890 2924)
Julle teenwoordigheid en saam bly vir die naweek is regtig vir ons die grootste geskenk. Indien julle dit op julle harte het om ons verder te seën met 'n geldjie om nes te skrop, kan die bogenoemde bankbesonderhede gebruik word. Dui asseblief dan net aan of die betaling vir verblyf of as 'n geskenk bedoel is.
Die kothuisies het al die geriewe wat julle sal nodig hê, insluitend handdoeke, hout vir die kagGel en genoeg warm beddegoed. Bring asseblief vir julle genoeg water en drinkgoed saam asook ontbyt vir Saterdagoggend (of julle kan gerus in Greyton gaan ontbyt eet).
Indien julle nog vrae het kan julle gerus vir Charlie of Caitlyn kontak. Ons sal nader aan die troue ook 'n WhatsApp groep maak om die laaste reëlings deur te gee.