Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Verblyf

The Wedding Website of Caitlyn Robson and Charlie Deacon
Ons is so opgewonde om saam met julle te vier! Aangesien ons 9 maande lank beplan het aan die troue wou ons dit nie net laat verby gaan met 9 vinnige ure nie. Ons droom is dus om 'n "Wegbreek Naweek Troue" saam met julle te deel. Ons het 'n venue gekies waar ons die gejaag van die alledaagse lewe kan vergeet en kwaliteit tyd saam met ons gunsteling mense in ’n asemrowende omgewing kan spandeer. Julle teenwoordigheid is vir ons die grootste geskenk en dit sal dus baie spesiaal wees as julle die naweek saam met ons sal deel. Daar is genoeg verblyf op die plaas vir al ons gaste vir beide aande teen R600 per persoon, per aand. Die foto hierbo aangeheg, toon aan waar alles op die plaas geleë is. Indien julle van die verblyf gebruik wil maak kan julle so aandui op die RSVP's of vir Caitlyn kontak. (082 890 2924) NB: Alle verblyf moet asseblief teen 1 Maart bespreek word en teen 1 Mei betaal word. Meer inligting kan gevind word onder die Vrae en Antwoorde blad.