Die seremonie en onthaal sal plaasvind by Meulstroom Lodge, geleë in Bronkhorspruit.
Semi-Formeel. Beweeg asseblief weg van wit en navy af.
Absoluut! Daar is ’n parkie en ’n springkasteel om die kleintjies besig en gelukkig te hou.
Daar sal 'n verskeidenheid geregte wees. Laat weet ons asseblief van enige dieetvereistes by jou RSVP.
Daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees vir alle drankies. Neem asseblief kennis: Geen eie alkohol mag na die perseel gebring word nie.
Alle RSVP's moet asseblief teen 1 November 2025 in wees.