Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Yolandi & Wildre

    Welkom
    Skedule
Hero Image

Markus 10:9: Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie

Wildre Smith

&

Yolandi Blom

May 4, 2024

Otjiwa Lodge, Otjiwarongo, Namibia

Ons Liefdesreis

Vir 5 jaar het ons twee net ‘n klipgooi vêr van mekaar af gebly. Minwetend het die Here klaar ons toekoms saam beplan, soos wat Hy sê in Jeremia 29:11. “Ek weet wat ek vir julle beplan sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie.” 2020 immigreer Yolandi na Ierland en Wildré keer terug vanaf Potchefstroom na sy geboorteland, Namibië. Januarie 2021 begin ons wonderlike reis van liefde. Ses maande van whatsapp, oproepe en facetime het ons geleer van die belangrikheid van kommunikasie om 'n fondasie vir ons verhouding te lê. Junie 2021 het die tyd aangebreek dat Yolandi Namibië toe moes vlieg. Ons kon nie wag om mekaar te sien nie. Om mekaar vir die eerste keer te kon vashou was 'n verlangende gevoel wat sou waar word. Yolandi se pa, André Blom was glad nie tevrede dat sy dogter alleen moes vlieg na n vreemde land, vreemde man en nog gedurende Covid tyd nie. Liefde oorwin alles, en André het uiteindelik ingestem. Die ontmoeting op die lughawe was 'n wonderlike, onvergeetlike oomblik: liefde met die eerste oogopslag. Ons het dadelik liefde in mekaar gevind. Yolandi was dadelik in die diepkant gegooi toe sy die helfde van Wildré familie daardie selfde dag moes ontmoet by sy sussie se dogtertjie se verjaarsdag partytjie. Dit is veilig om te sê dat sy darem hierdie toetslopie geslaag het. Ons 2de kuier moes plaasvind Desember 2021. Ons het baie beplanning gedoen om dit te laat realiseer. Dit was Wildre se beurt om in Ierland te kom kuier. Langafstand verhoudings is n groot uitdaging. Wildré het aansoek gedoen vir ‘n Ierse visa wat n week voor die kuier afgekeur is as gevolg van sluiting van grense met Covid regulasies. Omrede Yolandi steeds ‘n SA paspoort besit, het sy geweet dat dit makliker vir haar sou wees om weer Namibië toe te gaan. Ons harte was reeds een en ons moes mekaar net weer sien. Ons opgewondenheid is gou geblus toe Yolandi die aand voor haar vlug na Namibia haar Covid uitslae kry wat positief wys. ‘n Tweede toets het weer dieselfde resultate gewys. Ons liefdeswêreld was omvergegooi en ons harte was gevul met n warboel van emosies. Niks sou ons keer nie en 'n maand later vlieg Yolandi na Wildre om die nuwe jaar saam met hom in Namibië te begin. Hierdie ervaring het ons verseker oortuig van ons liefde vir mekaar en vertroue in God. Weereens, liefde oorwin alles. Ons het geweet ons is saamgevoeg en kon nie meer wag vir die volgende stap in ons liefdesverhaal nie. Ons het die proses begin om Wildré in Ierland te kry. Drie maande later vlieg Yolandi en haar ouers Namibië toe en Wildre vra vir pa André om met sy dogter te trou. April 2022 sit Wildré 'n verloofring aan Yolandi se vinger en drie maande later vertrek Wildré permanent na Ierland. In ons tyd saam het ons mekaar leer ken, het ons gelag en ook mekaar se trane verstaan. Ons het baie bymekaar geleer en die mooi in mekaar se harte beleef. Ons sien uit na n toekoms van liefhê, saamwees, nuwe herinneringe skep, mekaar se stukkend heel te maak en ‘n veilige vesting vir mekaar te skep. Ons harte is gevul met dankbaarheid vir God se leidende hand. Mag ons Sy genade toon soos ons hand aan hand die pad aandurf wat God vir ons uitgelê het. Mag ons huwelik ‘n getuienis wees van God se getrouheid en ewige liefde. Mag die liefde wat nou in ons harte brand verewig wees en ons nooit toelaat dat dit geblus word nie. Prediker 4:9 Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk.

Footer image
For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms