Kleredrag is semi-formeel. Dames kan 'n kuit- tot vloerlengte rok dra. Mans word versoek om 'n hemp en chino saam met ’n das of strikdas te dra. ’n Pakbaadjie word nie vereis nie. Ons kleurskema is skakerings van bruin, olive green, en dusty rose. Moenie verplig voel om iets spesiaal te gaan koop nie – dit is net ’n riglyn van kleure wat by ons tema pas. Vermy asseblief rooi, oranje, geel en wit.
Die seremonie begin om 14:45. Ons vra asseblief dat julle tussen 14:15-14:30 arriveer. Dit verseker dat julle genoeg tyd het om te parkeer, die kerk in te gaan en julle sitplekke te vind. Kerkdeure sal teen 14:40 gesluit word.
Die eerste twee rye tydens die seremonie is gereserveer vir die naaste familie en gevolg. Ons vra dat julle die res van die rye van voor af vul.
Ja, daar is 'n kontantkroeg. Die kroeg is oop Vrydag van 15:00 tot 23:00 en Saterdag van 13:00 tot 24:00. 'n Pryslys sal nader aan die tyd met gaste gedeel word. Kaartfasiliteite is beskikbaar. Gaste is welkom om hul eie rekening (tab) oop te maak en dit aan die einde van die aand per kaart te vereffen. Let wel: geen eie drank word toegelaat terwyl die kroeg oop is nie.
Die onthaal eindig om middernag, en ons hoop om julle teen daardie tyd nog op die dansvloer te sien. ’n Laatnag-happie sal voorsien word.
As ons julle RSVP nie voor 30 Junie ontvang nie, gaan ons aanvaar dat julle ongelukkig nie die troue kan bywoon nie. Ons gaan julle beslis mis, maar ons moet die finale gaste-telling betyds aan die venue en verskaffers deurgee.
Ongelukkig is die aantal gaste wat ons kan nooi beperk en daarom kan ons net gaste akkommodeer wat op die uitnodiging aangedui is.
Oktober is gewoonlik ’n lekker sonnige lente-maand met aangename temperature in die dag en koeler aande. Dae is gewoonlik warm met maksimum temperature rondom 23 °C tot 26 °C, terwyl nagtemperature dikwels tot rondom 9 °C tot 13 °C daal.