Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
July 19, 2022
Pacifica, CA
#AddieandValElopement

Valerie & Adeline

Ons Storie

The Wedding Website of Valerie Merrick and Adeline Nell
Ons altwee het in 2018 na Suid-Korea getrek om juffrouens te wees, maar ons het mekaar eers in 2020 ontmoet, alles te danke aan 'n “group chat” vir queer (LGBTQ+) mense wat in Korea bly! Anri was deel van hierdie chat group vir ‘n rukkie, maar haar skaamheid het haar gestop om enige boodskappe te stuur. Valerie het die chat gejoin in Februarie 2020.

Ons storie

Deel 2

Anri het elke naweek op ‘n trein gespring en gereis om 'n vriend te besoek wat in dieselfde stad as ek gewoon het. Jy sien, Anri het in ‘n klein dorpie gebly en haar kanse om vriende te maak daar was nul. Maar Anri het gevoel sy is geomring met “straight” mense! Nie te lank nie en Anri het in die “group chat” ‘n kort boodskappie gestuur met die hoop dat sy vriende kan maak in die LQBTQ+ gemeenskap in Jeonju. Haar boodskap in die chat het my oog gevang en ek het by myself gedink ek kan iemand nuut ontmoet. In opwindendheid het ek haar gemessage met die hoop dat ons kan ontmoet, maar met teleurstelling het ek geleer dat sy NIE in Jeonju BLY NIE! Terwyl ons oor die foon gepraat het, leer ek dat sy ‘n uur en half van my stad af bly en dadelik voel ek asof Anri my gekul het. Ten spyte van die klein leuntjie het ons mekaar 'n paar keer oor verskeie naweke ontmoet. Anri het vinnig ‘n crush (verlief) gehad op Valerie maar tenspyte van all die butterflies in haar maag het sy gekies om ietwat onbeskof te wees en sy het haar vriendlike persoonlikheid diep weg te pak. Jy sien, Anri wou nie seer kry nie. Ongelukkig het Anri haarself in die voet geskiet en niks anders as ‘n vriendskap het gegroei tussen my en haar. ‘n Paar maande later, te danke aan ‘n goeie vriendin wat vir haar advies gegee het om haar gevoellens vir my te wys, het Anri haar trots gesluk en my uitgevra op ‘n date!! Een date en ons was onafskeidbaar.


Ons storie

Deel 3

Ons kon nie gereeld ontmoet nie weens die afstand en die pandemie (COVID-19 joh), maar ons het probeer om elke naweek te ontmoet. Ons het dikwels net binne my huisie gebly en gesels, take-out bestel en mekaar se geselskap geniet. In November 2020 het ons besluit dit sal nie meer werk om langafstand te wees nie, en so het Anri haar tassies gepak en Jeonju toe getrek! Dit was moeilik vir ons om mekaar lief te hȇ en ‘n toekoms te beplan in ‘n land wat nie ons verhouding herken nie. Dit was hartverskeurend en ons het alles probeer om dit te maak werk in Suid-Korea maar ons kon nie die realiteit ontsnap nie. Ek is mal oor die leefstyl wat ons in Korea gehad het, maar dit was nie volhoubaar vir Anri nie. Visas in Korea het ons vasgehou by die werk en ons het geen breuke gehad nie, die langste breuk is 5 dae!! Na ‘n paar moeilike praatjies en fyn beplanning het ons besluit om ons werke te los sodat ons in ‘n land kan bly waar ons as ‘n paartjie herken word en BONUS waar my familie ook is. So vir nou, is ons hier in Amerika (Texas), waar ons verlief kan wees en elke dag kan geniet met mekaar. En ja, ons het elektrisiteit, biltong, en blatjang. Die Merrick’s leer nog hoe om te braai, maar die BBQ hier is stel nie teleur nie.