Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Bruilofsgeselskap

Jan Du Preez

Pa van die bruidegom

Hi, ek is Jan, die trotse pa van die bruidegom. Ek hou van visvang by Henties en om tyd saam met my familie te spandeer. Ek sien baie uit na die groot dag!


Tracy-Lee Du Preez

Ma van die bruidegom

Hi, ek is Tracy-Lee, die "handsome" bruidegom se ma. Ek is 'n fliek-vlooi maar hou ook baie van lees en is lief vir diere. Ek kan nie wag om die mooiste paartjie se dag saam met hulle te deel nie.

Stephan Coetzer

Huweliksbevestiger en Seremoniemeester

Hi, my naam is Stephan, ’n vriend van die bruidegom. Ek is die grootste koffie-“snob” in Pretoria. Ek geniet die lewe, musiek en mense. Vandag is groot en ek sien ongelooflik uit na Tiaan en Bejandré se spesiale dag!


Zelné Anderson

Sussie van die bruid

Hello, ek is Zelnè, die mooi bruid se sussie! Ek hou van sonskyn weer, gelukkige mense, en enige iets geel. Ek is so opgewonde om die spesiale paartjie te vier en om deel te wees van hulle groot dag!

Ruan Du Preez

Broer van die bruidegom - Hoofstrooijonker

Hi, ek is Ruan, die broer van die Bruidegom. Ek geniet dit om vis te vang, te jag en tyd saam met familie en vriende deur te bring. Ek sien baie uit na die groot dag en al die lekker kuier wat daarmee saamgaan, hierdie dag kan net 10/10 wees!


Lourens Van Niekerk

Strooijonker

Hi, my naam is Lourens. Ek is dankbaar om deel te wees van hierdie spesiale dag. Ek is ’n besigheidsman met ’n passie vir motorbatterye. Ek en Tiaan het vinnig koek en tee gevat en is nou soos ’n battery en torch – die een gee krag en die ander een skyn saam. 😄😂

Janine Van Niekerk

Bruidsmeisie

Hi, ek is Janine die pragtige bruid se niggie. Ek het ‘n groot liefde vir katte en koffie. Ek is reg vir die groot dag – solank daar koffie is en geen katte aan die rok se kant hang nie. 😄


Eugene Kruger

Strooijonker

Hello, ek is Eugene, 'n vriend van die bruid en bruidegom. Ek hou van krieket, visvang en jag. Ek is opgewonde om die spesiale dag van Bejandrè en Tiaan saam hul te vier en deel te wees van die groot mylpaal in hul lewe

Jessica Rebb

Bruidsmeisie

Wat begin het as 'n bekendstelling by groepkuiers deur ons mans se langdurige vriendskap het vinnig ontwikkel in 'n ware, "effortless" vriendskap. Ons het dadelik gekliek en deel 'n groot liefde vir diere! Ek is so opgewonde om te deel in die spesiale "journey" en huweliksvieringe van B&T as strooimeisie. ❤️


Johan Ströh

Strooijonker

Hello, my naam is Johan. Ek is die bruidegom se goeie skoolvriend. Ek is baie opgewonde vir die twee se spesiale dag.

Cynthia Smith

Ma van die bruid

Hi, wil net sê ek is baie geseënd en bevoorreg om Bejandré as dogter te hê. 'n Groot voorreg en eer om my dogter se troudag mee temaak. Alle geluk en voorspoed aan die bruidspaar!


Dirk Smith

Pa van die bruid

Wil net sê dit is 'n eer en voorreg om Bejandré se Pa te wees. Ek is dankbaar en bevoorreg om die spesiale dag met die bruids paar te deel.

Franco Van Meersbergen

"Drink bearer"

Hi, eks Franco, bully victim tot die bruid, vriend van die bruidegom. Ek is passievol oor musiek, literatuur en enige diere met 4 of minder pote. Ek sien uit daarna om sulke kosbare mense se dag saam almal te vier.


Johan Smit

"Drink bearer"

The mist, the magical, the mysterious mayhem hier om lig in die mense se lewe te bring

Xavier Malan

Ring draer

Ek is Xavier Malan. My mamma en pappa is André en Carla, en hulle is vriende van die bruid en bruidegom. Ek is baie lief vir diere en die natuur. Ek hou ook baie daarvan om balle by die gholfbaan te gaan slaan.


Tiaan Du Preez

Bruidegom

Bruidegom hier! Ek is ’n redelik introverte persoon wat die stiller dinge in die lewe geniet—diep gesprekke, speletjies speel, en om so nou en dan bier te brou, al verkies ek eintlik whiskey. Familie beteken alles vir my, en my geloof lei hoe ek probeer leef en sorg vir die mense naaste aan my.

Bejandré Smith

Bruid

Hello, ek is die bruid. Ek het 'n groot sagte plek vir diere. Ek is mal oor perd ry en die Kaap. My grootste liefde is my gesin waaraan ek nou bou en ek sien uit om ja te sê vir, vir ewig.❤️


Lisa

Sielkundige

Hallo, ek is Lisa. Ek is die klein dogtertjie van die huis en ek hou daarvan om almal se harte te steel. Met my sagte ogies en oulike maniere kry ek gewoonlik presies wat ek wil hê. Ek hou nie baie van sosiale media nie. Pienk is my gunsteling kleur. Ek hou baie daarvan om tyd deur te bring in my kamer en om met Tommy te speel en hom te terg.🌸

Thomas

Geestesgesondheid afrigter

Hallo, ek is Thomas. Ek is die kat van die huis en ook die een wat seker maak alles loop soos dit moet. Ek hou daarvan om te verken, LOVE om Lisa se kos te eet en natuurlik genoeg aandag, drukkies en soene te kry. Ek het ’n groot persoonlikheid en nog 'n groter hart — my ma noem my haar teddiebeer.🧸