Volgens my (Sandra) was ons eerste ontmoeting volkome "serendipity"**. Ek het op 'n Woensdag aand saam vriende gaan kuier by Scarlet Room. Dieselfde aand het Llewellyn en een van sy vriende (Eduan) ook besluit om by Scarlet 'n drankie te gaan drink na 'n Gig. Llewellyn het my reeds buite Scarlet gesien, en was heel beïndruk met die Blonde met die krulle. (Ons altwee se weergawe verskil bietjie) Soos ons geluk sal wees, het Eduan my werksvriendinne geken en die twee manne het toe by ons tafel aangesluit. Op 'n Woensdag aand in April 2019 het ons, ons ander helfte gevind in mekaar sonder om te weet. **Serendipity: The occurrence and development of events by chance in a happy or beneficial way.
Ons het vir die skoonouers op die plaas, Thabaletsele, gaan kuier. Die idee was dat ek (Llewellyn) saam met oom Jan boer om so moed op te bou vir die groot vraag. Hy het vir ons 'n lekker dag beplan met 'n hele klomp take. Ons het begin met takke saag. Lang storie kort, val ek van die leer af en breek my gewrig. (Ons altwee het ons eie weergawe van gebeure.) Die ongeluk het my die geleentheid gegee om die simpatie kaart te gebruik, om die groot vraag te vra voor my operasie. Soos ons in die kombuis gesit en praatjies gemaak het, was daar natuurlik geen invalshoek nie. Ek het maar met die deur in die huis geval met die vraag en darem het oom Jan en Tannie Cecile ingestem dat ek met Sandra (hul prinsessie) mag trou.
Ons was in berge met vakansie, ek wou baie graag vir Sandra wys waar ek meeste van my tyd spandeer as ek Freedom Challenge shoot en natuurlik waar ek sein het om haar te bel en video-call. Ons kamp het ongelukkig bietjie uitgereën en die 31ste Desember 2020 het ons 5uur vroeg opgestaan sodat ek vir haar Lehana's pas kon gaan wys. Ek dood gestres en Sandra heeltemal onbewus dat ek haar gaan vra. Die wind het vreeslik gewaai, Sandra onder 'n slaapsak (soos 'n skootkombersie) en ek wat vir ons koffie maak, het heerlik die prag van Lehana beleef, so op die laaste dag van 2020. Ek het langs haar gaan sit en begin praat oor hoe ek altyd wil hê ons moet sulke "adventures" saam hê, weereens Sandra onwetend. Ek het omgedraai en op een knieg gegaan, voordat ek nog iets kon sê en net haar ring vir haar gewys het, was ou Sanna alklaar in trane. (Haar trane het dit natuurlik moeilik gemaak om 'n man se woorde uit te kry) Met oë vol trane het Sandra dadelik JA gesê om ons verewig saam te begin! -Llewellyn