Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
LeavesLeaves

Nadia Coetzee

&

Coenrad Vrey

#VreyMyNou

March 21, 2026

Simbali Lodge, Pretoria

Ons Storie

Die Here het geweet Hy gaan vir Coenrad tot op my stoep moet bring – anders sou ons mekaar dalk nooit raakgeloop het nie! Dit was ’n Saterdagaand vol verrassings toe die krieket uitgereën het en planne drasties verander het. Coenrad en ’n vriend het by ons huis ingestap nadat ’n gemeenskaplike vriend hulle oorgenooi het – min het ons geweet daar was ’n groter plan agter dit alles! Die mooi man het dadelik my oog gevang en die gesprekke het sommer maklik begin vloei. Daar was ’n oomblik van oogkontak wat onbeskryflik was – dit het gevoel asof hy tot in my diepste kon sien. Gelukkig het iemand ’n kombersie by ons huis vergeet, en ek het heel dapper ’n boodskap gestuur om uit te vind of dit dalk aan hom of een van sy vriende behoort. Genadiglik was dit sy vriend s’n, en so moes ons weer sorg dat dit by die regte persoon uitkom! ’n Week later was daar weer krieket, en alhoewel ek nie kan onthou wie gewen het nie, onthou ek dat my hart opnuut begin klop het. Ons het mekaar gegroet, maar skaars by ons karre gekom of ons het alweer gesels – en ons het net nooit opgehou nie. Lang aande, ver ry en kuier het gou ’n nuwe normaal geword. Net ’n paar weke later het ons vir mekaar erken dat hierdie vriendskap eintlik veel meer is. Dit was nie lank nie, of ons het albei geweet dit is ’n lewensplan – en ons het begin kyk na ringe. Op 3 Mei, presies 14 maande nadat ons “amptelik” saam was, het Coenrad sy knie gebuig en my gevra om syne te wees. Dit was die mees spesiale oomblik, op die mees onverwagte tyd. Nou kan ons nie wag om ons liefde te vier en lewenslank sielemaats te wees nie. So, Coenrad — Vrey My Nou!

Footer image