Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
August 30, 2025
Smitsfield Wedding Venue
#VirAltydVenter

Die Venue

The Wedding Website of Mia Boshoff and Louis Venter
Die kapel waarin ons trou, is in 1924 gebou om Versoeningsdag te herdenk. Die sederbome op die venue is in ’n kruisformasie geplant, met die kapel in die middel. Daar is ook ou eikebome wat hierdie pragtige toneel omring. Die Coetzers se liefde en respek vir geskiedenis het hulle gemotiveer om die erfenis in stand te hou. Selfs die oorspronklike sinkplate het van Engeland gekom via die Maputo-hawe, en die oregon-den trusse is behou. Die unieke 130 jaar oue kerkbanke waarop al die gaste gaan sit terwyl ons trou, is gered tydens die Anglo-Boereoorlog, toe Britse soldate probeer het om die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Ermelo af te brand. Hulle is later by Smitsfield bewaar. Die ou ossewapad gaan ook reg deur die venue en die ou treine, wat vir die Voortrekkers se kampe gebruik is, is omgeskep in lekker blyplekke vir die gaste. Smitsfield was die eerste venue waarna ons gekyk het, en ons het dit dadelik gekies weens die spesiale geskiedenis sowel as die lekker atmosfeer.