Soms gebeur die mooiste dinge wanneer jy dit die minste verwag. Op ’n 18de verjaarsdagpartytjie waar ek eintlik nie eers wou wees nie, het ek hom ontmoet — sonder om te weet dat my hele lewe daardie dag sou verander. ’n Nommer is uitgeruil, en nog voor die aand verby was, het ons begin gesels. Ek het hom genooi om saam ons uit te gaan, en na ’n paar keer se vra, het hy opgedaag. Die oomblik toe ek hom sien, het my hart geweet: hy is die een. Daardie aand het ons eerste soen ons verhaal begin — ’n sagte belofte van alles wat sou volg. Van skelm ontmoetings en geheime kuierplekke het ons liefde net gegroei. Binnekort was dit nie meer net afsprake nie, maar deel van mekaar se lewens — nagte vol lag, drome, en geselsies wat nooit wou ophou nie. Ses jaar later staan ons hier, nog steeds verlief soos daardie eerste aand, maar nou ryker aan herinneringe, sterker in ons band, en seënryk genoeg om die mooiste geskenk saam te hê: ons kosbare seuntjie. En nou nooi ons jou om saam met ons te vier — nie net die liefde wat ons gevind het daardie aand nie, maar die liefde wat ons elke dag kies. 💍✨