Die Plek waar ons ontmoet het!!! Gerieflik gelee tussen my en Mareli se woonplekke. Die kuns gallery is ook 'n restaurant en koffie winkel. Ons beveel dit sterk aan as julle wil sien waar ons storie begin het.
Krantzkloof is 'n wonderlike Natuur Reservaat in die middel van kloof gelee sowat 10 km vanaf die trou venue. Ons beveel aan om die hiking trails to probeer of net 'n piekniek. Julle sal nie spyt wees nie. Net R40 per persoon.
Die bekendste mark in die omgewing. Allerande dinge word verkoop. Dit is Saterdae van 6h30 tot 12h30. Ons raai aan om so vroeg as moontlik te gaan om verkeer te vermy. Dit is 'n moet as jy nog nie daar was nie.
Botaniese tuin met 'n topgehalte restaurant. Ons beveel die aan vir die mense wat van lekker kos hou. Dit is beeldskoon met mooi tuine en uitsig vanaf die Restaurant. Gelee net om die hoek van Krantzkloof Natuur Reservaat in Kloof.
Vertrek van Stokers Arms in 'n ou stoomtrein deur the Valley of a 1000 Hills na Inchanga Stasie waar 'n mark is net vir die treingaste. Hou 'n piekniek en bewonder die trein geskiedenis. Van hier af ry een weer terug en na Stokers Arms. Om en by 1 uur rit na die mark toe en weer 1 uur terug. Bespreek vroegtydig op http://umgenisteamrailway.com/ om 'n plek te kry. Dit is die moeite werd.