Koffie en klavier... ek dink nie dit is nodig om meer te sé. Wat klavierlesse moes wees het gou ontaard in koffie kuiers en laat aand gesels. Drie maande later vind hy n romantiese oomblik terwyl ons na die bloedmaan kyk en vra my om sy meisie te wees.
Lank gewag! Nadat Robert in Januarie 2019 al ouers gevra het, kon ek nie verstaan wat vat hom so lank om die groot vraag te vra nie. Min het ek geweet dit het hom ses maande gevat om die ring te laat maak! Ek was vir twee weke in Dundee vir vakansie en hy het briefies geskryf wat my aan al die hoogtepunte in ons verhouding herinner het. Die briefies was weggesteek en elkeen het n leidraad gehad na waar die volgende een sou wees. Die dag wat hy my gaan haal het het ons op die gholfbaan gaan stap. Daar gee hy vir my nog n briefie maar die een was leeg. Dit is toe wat hy die groot vraag vra!