Ons vier graag ons dag in ‘n semi-formeel styl. Ons sal dit baie waardeer as gaste die geleentheid in gedagte hou wanneer hulle aantrek. Mans kan kies vir ‘n netjiese broek en knopies hemp. Dames vir ‘n mooi rok of elegante broekpak. Geen jeans asseblief.
Om ons viering so intiem en ontspanne te hou vra ons vriendelik dat geen kinders die geleentheid bywoon nie. Dankie vir julle begrip.
Ons sien baie uit om ons spesiale dag met ons geliefdes te deel. Gaste is welkom soos aangedui op hulle uitnodigings en ons vra vriendelik dat slegs gaste met ‘n bevestigde plus one iemand mag saambring.
Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag is vir ons die grootste geskenk. Indien julle egter graag iets wil gee sal ‘n bydrae in die vorm van kontant baie waardeer word.
Ons sal dit waardeer indien julle teen 30 Augustus 2026 julle bywoning bevestig sodat ons, ons spesiale dag behoorlik kan beplan.