Ons het op Hoërskool ontmoet. Ek het na skool langs die krieketveld gesit toe Hendrik verby my stap oppad terug koshuis toe. Ek het hom gegroet en hy in verbasing toe ook vir my. Ons het oogkontak gemaak en kort voor lank het ons gereeld na skool onder "die boom" ontmoet. Dit is waar ons mekaar leer ken het. Vier maande later het hy my gevra om te kys, met drie daisies en 'n sakkie vol goue sjokolade hartjies by die koshuis se bankies.
Hendrik het my vir 'n langnaweek Magaliesburg toe geneem om ons verjaarsdae te vier. So het ek gedink... Saterdagaand na 'n dag vol uitstappies berei Hendrik toe vir ons 'n oulike piekniek voor met al my gunstelinge. Hy het 'n paadjie uitgepak met klein kersies en vertel my na die tyd hoe hy gesukkel het met die wind wat hul kort-kort kom uitwaai het! Hy het my kom haal, geblinddoek en uit die huisie gelei. Hy loop toe eers 'n draai met my, seker om my te laat dink dit is darem verder as ons eie huisie se stoep... Hy laat my toe stil staan en 'n paar oomblikke later het hy gesê ek kan maar my blinddoek afhaal. Daar staan hy toe op sy een knie en vra vir my of ek met hom sal trou! Ek het JA gesê en die res is geskiedenis.
Ons was vir om en by een jaar saam gewees terwyl ons albei nog op skool was. Na skool kom ek toe in 2013 Pretoria toe, om hier te kom studeer terwyl sy hoërskool voltooi het. In 2016 het ek hier bo begin werk, en sy ook in Bloemfontein. Ons het vir vyf jaar die langafstand ding gedoen (dit was moelike dae gewees) en vroeg in 2018 besluit ons toe saam, dat ons meer tyd bymekaar wil hê. Lee-Chelle verhuis toe Pretoria toe en om en by 'n jaar later is ons toe verloof. Nou staan ons op die vooraand van ons troudag en ons sien baie uit daarna om ons spesiale dag saam met jou te deel. Verder is ons opgewonde oor ons drome vir ons huwelik en om dit saam as 'n egpaar waar te maak.