Verblyf Opsies
VERBLYF LANGSAAN DIE VENUE:
STONEKRAAL BUSH LODGE
Hier’s 5 eenhede, elk met 2 slaapkamers en 1 badkamer. In die een kamer is ’n koninggrootte-bed, en die ander het 2 enkelbeddens. Daar is ook ’n sentrale area met ’n sitkamer, eetkamer, kroeg, kombuis, boma-area en swembad – perfek om te ontspan.
Skakel gerus vir Kurt by +27 82 411 6434 vir ’n kwotasie of om bespreek te maak.
NYALA BUSH CAMP
Nyala is ’n luukse tentkamp met 4 tente. Twee van die tente het ekstra enkelbeddens en slaap 3 mense, maar al vier het koninggrootte-beddens. In totaal kan die kamp 10 mense akkommodeer. Daar is ook ’n sentrale area met selfsorg, ’n bosbraai en ’n swembad.
Kontak Sonja by +27 84 589 1423 vir ’n kwotasie of bespreking.