Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Die begin van vir altyd!

Keegan Schemel

&

Ashleigh Victor

January 24, 2026

Simbali Lodge & Function Venue, Tierpoort, Gauteng

ń Leeftyd se herinneringe

’n Leeftyd se vriendskap, ’n ewige liefde.

Ons Storie Keegan en Ashleigh ken mekaar al vandat hulle kan onthou. Van modelwerk en sangkompetisies tot visvang en verjaarsdae – hulle het baie kinderjare-herinneringe saam as goeie maatjies gedeel. In hoërskool het hulle oor ʼn afstand kontak gehou – Ashleigh in Krugersdorp en Keegan in Witbank – en stilweg verlief geraak. Al was hulle ver van mekaar af, het hulle steeds groot oomblikke saam gedeel, danksy eindelose WhatsApp-boodskappe. In Oktober 2021 het hulle mekaar weer op universiteit gesien, en dit was liefde opnuut. Dié ontmoeting was die begin van hul liefdesverhaal. Hulle het saam gegroei, herinneringe gemaak, drome gedeel en deel geword van mekaar se wêreld. Twee hondjies – Ellie en Katryntjie – het ook deel van die avontuur geword. Op 6 September 2025 het Keegan op een knie gegaan en Ashleigh gevra om vir altyd syne te wees. Net hulle twee, omring deur die natuur, was dit 'n oomblik vol trane, vrede en vreugde – die begin van 'n nuwe hoofstuk. Na jare van gebede, ure op die pad, en video oproepe glo hulle vas: dit was altyd deel van die Here se plan. En nou nooi ons jou met groot opgewondenheid om dié spesiale dag saam met ons te vier.

Footer image