4:00 pm - 11:45 pm
Klerdrag is F O R M E E L: Vir mans is 'n netjiese langbroeke met ’n knopieshemp gepas en vir die vrouens is 'n lang rok, cocktailrok, broekpak of jou gunsteling bloes meer as perfek vir die geleentheid. Onthou julle partytjie skoene!
Vir dié spesiale geleentheid met ’n pragtige bos-tema, word kleredrag in aardkleure aangemoedig. Hierdie kleure sluit sagte en natuurlike skakerings in soos olyfgroen, mosgroen, bruin, beige, roesbruin, ligte blou, mosterdgeel, sandkleur en sagte grys soos op die foto hierbo.