Trou naweek skedule
Liewe vriende en familie,
Ons is opgewonde om ons troudag met julle te deel!
Ons trou Vrydag die 27ste September 2024, die seremonie begin om 16:00.
Ons wil graag hê julle moet gemaklik voel op ons spesiale dag! So bring asseblief jou eie koelboks saam vir ons troudag, sodat jy jou gunsteling drankie kan geniet & maak ook seker jy bring 'n ekstra paar buffels vir ons R10 "Shooter Bar".
Saterdag - 28ste September 2024
Vir diegene wat vroeg opstaan, sal daar heerlike tuisgebakte beskuit en koffie by die boskampkombuis wees en om 10:00 word daar 'n heerlike brunch bedien.
Daarna nooi ons julle uit om rustig saam te kuier by die boskamp waar daar 'n swembad is. 'n Aktiwiteit of twee sal daar op julle wag. Dit is 'n geleentheid om meer tyd saam te spandeer in 'n ontspanne atmosfeer.
Vir diegene wat nog ‘n aand wil oorslaap, sal daar steak, chips en eiers wees met 'n sousie.
RSVP ook afsonderlik vir Saterdagaand.